As danse kan praat…

Ons is ‘n groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ‘n dorp ontstaan, Rebusfontein. Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.
Hierdie hoofstuk sluit by ‘n menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebus bestaan. Vir ons, en dalk vir jou.
Rebus is ons wegloop-plek, en soms ons wegkruipplek. Maar feite is, Rebus is ONS s’n.
As jy ooit lus is om deel te word, om deel te neem, sê net, en jou droom sal bewaarheid word.

Die Goue Vroue gaan die Ruimte ontgin! Maar nie net die Goue Vroue nie, enige een wat graag deel wil wees van hierdie ervaring, mag saamskryf! Laat weet net vir een van ons en ons sal jou graag verwelkom. Nuwe mense bring altyd nuwe idees, nuwe entoesiasme, nuwe gees. Ons skryf in geen spesifieke volgorde nie, maar soos wat elkeen van ons aandui dat sy graag volgende wil skryf. Vier dae word toegelaat voor ‘n volgende persoon haar storie plaas sodat almal genoeg tyd het om dit te kan lees. Dit sal goed wees as ons stories by mekaar kan aansluit. Komaan dames, kom ons kyk wat die ruimte ons bied. The sky is NOT the limit! Veral nie vir die Goue Vroue nie!Volg die storie deur op HIERDIE SKAKEL te kliek.

****************************************************

Una, Woordnoot en Toortsie staan stomverskrik en kyk hoe die aardige ruimtewesens wat nou net nog buiteruimtelik gestaan en dans het, nou na hulle staar. En dan ‘n tree nader staan. En nog een. En nog een. Una vroetel uit benoudheid aan haar gespe en druk per ongeluk aan die knoppie. Meteens verskyn daar ‘n verblindende beskermende ligstraal om hulle. Dit lyk of hulle in ‘n koepel staan. Die wesens gaan staan botstil.

Dan kom die groene nader. Versigtig. Hy raak met een lang vingeragtige ledemaat aan die koepel en ruk sy hand vinnig terug. Sou dit hom brand? Of skok? Versigtig raak Toortsie ook aan die koepel. Nee, dit het so ‘n effense plastiekagtige gevoel en dit gee effens mee. Die groene kyk. Dan roer hy sy lyf effens. Skiet ‘n handagtige ledemaat uit en wikkel sy voet liggies. Una, die voordanser in die groep, kyk belangstellend na die wese.

“Haai julle, ek wonder of dit iets beteken. Ek gaan hom na-aap,” sê Una heldhaftig. Sy roer haar lyf, skiet haar arm in die lug en wikkel haar voet. Alles met ‘n bietjie meer entoesiasme as die wese.

En ‘n wonderbaarlike iets gebeur. Die groen mannetjie wikkel en roer en buig en knoop homself amper in ‘n ingewikkelde danspatroon. Dan gaan staan hy stil en kyk na Una.

“Unatjie, jy het die ding betower,” sê Woordnoot bewerig.

“O hel, ja. Dit het ek nie verwag nie,” antwoord Una verbaas.

“Wel, jy het iets begin, jy sal daarmee moet volhou,” voeg Toortsie by. “Ek wens net ek het geweet wat dit alles beteken.”

Intussen raak die wese ongeduldig. Hy herhaal die patroon weer, hierdie keer met ‘n bietjie meer sensualiteit ingebou. Die heeltyd hou hy Una stip dop.

“Una, wat as die wese dink jy stel belang?” kerm Woordnoot. “Ek wil nie in nog ‘n ander iets ook verander nie. Een keer was genoeg.”

“Dink jy ons selfoon gaan werk? Dalk kan ons verstaan wat hulle probeer sê, ” wonder Una benoud.

“Nope, dit stuur boodskappe aarde toe. En ek dink nie dit kan danse in woorde vertaal nie,” antwoord Woordnoot mismoedig. “Ek dink nie ons het tyd om te eksperimenteer nie.”

Una dink ‘n bietjie. Dan, baie effens, herhaal sy die bewegings, net so liggies, amper onbelangstellend. Al die wesens roer meteens. Hulle spring op en af. Bollemakiesie. Pluk hulle lywe in patrone wat rasiedansers by rugbywedstryde sal beny.

En dan kom hulle nader, vorm ‘n sirkel om die ligstraalkoepel en begin dreunsinggeluide maak.

Die koepel begin bewe.

Dan sê Toortsie in ‘n klein stemmetjie: “Ek wonder waar is die GVVP. Dink julle die ander weet waarheen ons verdwyn het? Ek hoop die antenna op ons koppe werk. Ek dink dis nou die tyd vir hulle om op te daag. As die koepel nie gaan hou nie, wonder ek of enige van ons wapens hier gaan werk. “

Aalsie, waar is julle met die GVVP? Sal jy asb voortgaan?

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

17 thoughts on “As danse kan praat…

  1. Sjoe dis tegelyk gerusstellend dat hulle wil dans en ontstellend dat hulle ons beskermende koepel kan vernietig. As hulle nou net maar gepraat het. Daardie selfoondingetjie kan alle tale verander in verstaanbare Afrikaans of Engels.ven ons weet steefs nie if hulle julle gasn oprrt nie@. O rk hoop tog ons ksn julle nog red voor dit te laat is!

    Liked by 1 person

  2. Una, Una, Una ai, daar betower jy die wese met jou sensualiteit. Dalk wil hy nou vrou vat. Vrek wens ons ruimtetuig wil vinniger beweeg. Genadiglik werk die GPS, ons kom julle hou moed. As ons net met julle kon praat.

    Liked by 1 person

  3. Ek ken die vesrkill tussen … En modder en die is nie modder nie. Wa wil jy nou staan dans, vir al wat jy weet is dit die mating of trou dans, of fight to death. In die lewe in🙏🙈💩👽. Vlieg vinniger🚀🚀🚀🚀

    Liked by 1 person

Leave a comment

Design a site like this with WordPress.com
Get started