Aerobatics in die ruimte

Ons is ‘n groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ‘n dorp ontstaan, Rebusfontein. Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.
Hierdie hoofstuk sluit by ‘n menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebus bestaan. Vir ons, en dalk vir jou.
Rebus is ons wegloopplek, en soms ons wegkruipplek. Maar feit is, Rebus is ONS s’n.
As jy ooit lus is om deel te word, om deel te neem, sê net, en jou droom sal bewaarheid word.

Volg die storie deur op HIERDIE SKAKEL te kliek.

*****************************************************************

ArmA 3 | A-149 Gryphon Dogfight - YouTube
image Mavrx

Die Goue Vroue staar geskok na die monsteragtige wese voor hulle in die ruimte. Hy is so groot dat hy die sterre verduister. Vreemde spoeg vloei by sy mond uit. Agter hom dobber die uitmekaargeskeurde wrak van ‘n ruimteskip. San stamp aan Trommeltjies. Uit die hoek van haar oog sien sy nog ander wrakke ronddobber. Stukke van die verskeurde rompe fladder soos lap in die ruimte rond. Christa en Ekmyself volg hulle verbaasde gesigte. “O, genade, wat het met hulle gebeur?” fluister Trommeltjies verstom.

“Uhmmmmm, Goue Vroue, ek het al genoem van die Empty Quater?” vra Silver.

“Die wat?” kry Frannie dit uit. “Hoekom het jy nie vroeër gepraat nie? Dan kon ons mos ‘n ander rigting ingeslaan het.”

Silver wil homself nog verdedig, maar net toe kry Appeltjie haar asem onder beheer waar sy voor die beheerpaneel sit. “Julle, hou vas, ons moet hier weg. NOU!” praat sy ferm in haar juffrou stem. (In haar vorige lewe het sy maklik 160 7,8,9-jariges daarmee tot stilstand gebring.)

Elke Goue Vrou skarrel om vashouplek te kry. ‘n Druppel van die ruimtemonserspoeg begin na die GVVT toe sweef. Dan beveel Appeltjie: ” Sonell, jy hou net jou vinger op die geel knoppie daar links. As ek sê druk, dan druk jy. Hou vas almal, hier gaat ons!”

Appeltjie gryp die stuurstang vas soos ‘n wafferse vegvliegtuigloods. Sy stoot dit vorentoe en die GVVT skiet weg. Dan pluk sy die stang na links, die GVVT mis die spoegdraad rakelings en met ‘n volgende beweging, skiet die GVVT regsom, verby een tentakel tot onder die ruimtemonster se keelgedeelte. “NOU Sonell!” Sonel se vinger druk vinnig. ‘n Rooi laserstraal skiet uit die bopunt van die GVVT. Dit tref die ruimtemonster op ‘n sagte deel van sy keel en ruk ‘n groot gat daarin. Voor die giftige vloeistof wat daar uitspuit op die GVVT kan val, swenk Appeltjie linksom en vorentoe.

In die kajuit val die Goue Vroue nou rond en bont. Hulle hande kon nie styf genoeg vashou nie. Una en Seegogga gryp mekaar vas in ‘n verbete poging om hul rondomtalie te stop. Hulle gesamentlike gewig laat bons hulle tot op die beheerpaneel. Hulle skiet weg en dan kry hulle ‘n handvatsel beet aan die kant waar hulle genadiglik tot stilstand kom.

Toortsie klou aan haar vashouplek, oë styf toe terwyl sy saggies prewel en sing in ‘n poging om haar angs onder beheer te bring. Langs haar uiter Virgo woorde wat mens nie wil herhaal nie. “Appeltjie, wat vang jy aan!?” gil sy. (teks gesensor)

Appeltjie konsentreer, meet met die oog, wag haar kans af en swenk weer. Dit lyk behoorlik of die GVVT ‘n bollemakiesie wil slaan. Aalsie moet sluk, want die naar styg in haar keel op. Rakelings mis een van die ruimtemonster se arms die tuig. Appeltjie pluk die tuig boontoe, doen ‘n 360 rol en die volgende oomblik is hulle bo-op die monster, op sy blinde kol. “Sonell, druk!” Sonell druk die knoppie weer en nog ‘n laserstraal skiet af na die monster toe. Hierdie keer tref dit die sensitiewe plek waar die brein die res van die lyf ontmoet. Die monster se nek ontplof in ‘n mengsel van vloeistof, breinmateriaal en lyfstukke. Die ding begin fladder, sy pote ruk en pluk en dan begin dit val. Of sweef. Of wegdryf. Hoe noem mens dit in die ruimte waar goed eintlik gewigloos is?

Appeltjie bring die GVVT tot stilstand. Positief kom versigtig nader en vryf Appeltjie en Sonell se skouer. “Dankie julle. Sjoe, dit was amper!” Die Goue Vroue beweeg na die tuig se vensters en staar uit na buite. In die lug rondom hulle sien hulle nou ook die klomp wrakke raak. Almal is uitmekaar geskeur. Agter die wrakke raak die ruimtelug sag rooi en bruin. Iets roer in die middel.

“Uhm, dames, voor julle sien julle die Empty Quarter,” begin Silver praat. “Dit word so genoem omdat niks hier oorleef behalwe daardie monsters nie. Hulle is onoorwinbaar. Maar hierdie monster wat julle vermorsel het, is net die hekwag. Noudat hy dood is, gaan die soldate uitkom. Ek het hulle eenkeer gesien toe ek saam met die Zeniane patrollie gedoen het. Hulle het toe juis ‘n ruimteskip aangeval. As julle gedink het hierdie monster is groot, wag tot julle die soldate sien. Ek stel voor ons kom vinnig hier weg.”

Appeltjie laat nie op haar wag nie. Sy draai die GVVT om en begin terugbeweeg.

“Appeltjie,” vra Woordnoot. “Waar het jy so leer vlieg?”

“Waar ek grootgeword het, was daar ‘n lugmagbasis vir vegvliegtuie,” antwoord Appeltjie, terwyl sy die ruimte dophou vir onheilhede. “As vegvliegtuie baklei, noem ‘n mens dit “dog-fighting. Met die lugskoue het hulle baie dog-fights gehou. Ek het dit nageboots. Goed om te sien dit werk in die regte lewe.”

Woordnoot sluk. “So jy het iets nageboots en toe werk dit. Sjoe, my swak hart. Dames, kom ons gaan huis toe, wat sê julle?”

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

27 thoughts on “Aerobatics in die ruimte

      1. Ek het altyd gewonder of die ouens in daardie vegvliegtuie nie ook naar word as hulle so bollemakiesie in die lug nie. Dit dog-fighting vind plaas teen ‘n ontsettende spoed. Gelukkig is ek een van daai mense wat eers doen en dan later skrik.

        Liked by 1 person

  1. Genadendal dit was manjefiek, daai vlieg truuks is uit die boek Appeltjie. Dankie tog ons kon van die gediertes ontsnap. Ek stem, nou huis toe. Die reik na die droom, was beland in die nagmerrie.

    Liked by 1 person

  2. Briljant!!!! Dankie jy het nie al my #&*@#$& woorde geskryf nie. In die lewe, Top Gun het niks op jou nie. Dankie dat jy ons uit daai gevaar uit het, jy mag maar. Die blou kolle sal weggaan, whohhoooooo Appeltjie, you go girl🌻🥳🥳👽.

    Liked by 1 person

  3. Ek het nóú nog ‘n narigheidjie. Goed geskryf,Appeltjie, die manne van die Toetsvlieg-en Ontwikkeling Sentrum sal vreeslik beïndruk wees met jou uitmuntende waarnemingsvermoë.Ek is beslis ook!

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website with WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: