
Ons is ‘n groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ‘n dorp ontstaan, Rebusfontein. Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.
Hierdie hoofstuk sluit by ‘n menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebus bestaan. Vir ons, en dalk vir jou.
Rebus is ons wegloop-plek, en soms ons wegkruipplek. Maar feite is, Rebus is ONS s’n.
As jy ooit lus is om deel te word, om deel te neem, sê net, en jou droom sal bewaarheid word.Volg skakel https://fresh.inlinkz.com/party/7978d243e406473ca23727d75a9a2a46 om by die Inlinksblad te kom waar al die stories in hierdie reeks gelys word.
**********************************************************************************************************
Dis die Abba partytjie en Toortsie het besluit, basta met die lyndanse. Sommige kan dans, ander nie. Laat elkeen doen wat hulle wil. Die Goue Vroue laat waai met hul eie styl. Joligheid is nie die woord nie. Die verhoog buite Toortsie se huis lewe behoorlik met ligte wat swaai en rook wat inpomp. Dikhak skoene klop-klop-klop. Bellbottoms swaai. Lang blonde pruikhare skud heen en weer. Die musiek klop deur die nag. Rebusfontein lééf behoorlik.
Die kareoke masjien word intussen nadergesleep. Hier moet gesing word ook. Dans en sing moet die deelnemers behoorlik honger maak want die etery lê ook nog voor.
Dan glip Appeltjie weg. Haar feetjie Faye het iets in haar oor gefluister. ‘n Briljante plan. Van die verhoog af, onder die bome, sit al die magiese en dierebewoners van Rebusfontein die Goue Vroue se lawwigheid en gadeslaan. Danie en Blommetjie het hulle gaan haal om te kom kyk. Maar hieraan is hulle gewoond. Niemand is soos die Goue Vroue nie.
Appeltjie glip haar diksoolskoene af en sluip om die diere. Fayetjie was reg. Daar, agter hulle almal , staan ‘n klein liggewig helikoptertjie. Die enigste insittende is: Pierce Brosnan. Hy glimlag sy 007 glimlag. Appeltjie klim in die helikopter (in Rebusfontein kan mens sulke dinge doen). Sy kry die musiek van “ABBA Arrival” gereed. Dan laat styg sy die kopter op , mik in die rigting van die verhoog.
Op daardie oomblik basuin die groep vroue luidkeels uit: there was something in the air that night, the stars so bright, Fernandoooooooo!!!!. Appeltjie slaan die helder soeklig aan, huiwer met die kopter in die lig vir ‘n oomblik en sak dan liggies neer op die gras. Pierce Brosnan klim uit en die Goue Vroue raak histeries. Daar was sowaar something in the air – ‘n helikopter met een van die aantreklikste mans in die bekende heelal. Die rookmasjien blaas op daardie oomblik ‘n bol rook en dit lyk of hy in ‘n waas die verhoog opstap. Appeltjie wou nog “Arrival” speel, maar besluit daarteen. Nou gaan hierdie rustige musiek wat opwerk na ‘n crescendo beslis nie werk nie. Sy sal maar later in haar huisie weer hierna luister.
As Christa nie saamskryf nie, moet tannie Frannie die storie verder neem?
foto: geleen by google
Pierce Brosnan? Jy sal Rebusfontein mos tot stilstand roep!
LikeLiked by 1 person
Daai glimlag; daai regop houding……………………… hou hart hou.
LikeLiked by 2 people
Nou weet ons! Appeltjie….!
LikeLiked by 1 person
My arme swak hart……
LikeLiked by 2 people
Hoër en hoër hoogtes!
LikeLiked by 1 person
Nooit!!!! Appeltjie, hoe het jy dit reggekry??? My swak hart!
LikeLiked by 1 person
die magiese krag van Rebusfontein is tot enigiets in staat. En ‘n man se ego is ‘n man se ego. Streel dit ‘n bietjie …….
LikeLiked by 2 people
is reg so, Appeltjie. Dankie dat jy daardie sjarmante besoeker veilig kom neersit het!
LikeLiked by 1 person
Oh my goodness!!!! My swak hart. Appeltjie ? Ek is verstom. Hierdie is die hoogtepunt, niks hierna kan reg doen hieraan nie.sien tot my woorde kinkel in mekaar
LikeLiked by 3 people
🤗🤗
LikeLike
Oh my goodness!!!! My swak hart. Appeltjie ? Ek is verstom. Hierdie is die hoogtepunt, niks hierna kan reg doen hieraan nie.
LikeLiked by 1 person
Mens is verstom tot die volgende een skryf. Elkeen het n hoogtepunt. Dankie🤗
LikeLike
Ag te lekker gelees aan hierdie hoofstuk van jou!
LikeLike
Ek lees net so lekker!!
LikeLike
Nou het ek lekker gelees, hmmmm, kan dink die het konsternasie afgegee. Hy is sag op die oog🌻🌻
LikeLike