Dawie speel

Dawie sit lekker in die waai van die stoel, styf teen Menspappa se warm lyf. Menspappa het nou net met hom gepraat. “Dawie, jy is darem nou net te erg. Hondjies eet nie neute nie. Jy het nog niks van jou eie pilletjies geëet nie en jy het nou net ‘n been gehad.”

Dawie dink terug aan die been van netnou. Menspappa het lekker gebraai. Terwyl hy en Mensmamma by hulle dektafel sit en eet, het Menspappa vir hom skelmpies ‘n happie vleis gevoer. Hy wat Dawie is, het eers op sy agterbeentjies rondgedans en gehoop hulle sien raak hoe lus is hy. Daarna het hy regop teen Menspappa se been gestaan. Dit werk elke keer. Tot Mensmamma hom sien. Dawie, af! is al wat sy sê. Hy gaan sit maar liewer. Mensmamma praat nie twee keer nie.

Vanoggend het hy eers weer ‘n lekker lang slapie gevang in die sonkol van die kamer. Die bed is lekker sag, maar hy verkies tog die vloer. Dit lê net soveel lekkerder.

Daarna het hy gaan speelgoed kies. Eers het hy met die klerehanger gespeel. Hy ruk en pluk dit rond. Dan hardloop hy ‘n sirkel deur die sit- en eetkamer. Hy grom gemaak kwaad en trap dit vas met sy voorpootjie. Tot dit nie meer pret is nie.

Dan gaan soek hy sy tou. Hy storm daarmee in sy bek na Menspappa toe en gaan staan teen sy been. Sy wakker ogies sê: trek die tou. Toe Menspappa nie oplet nie, gee hy ‘n sagte binnenskeelse “Moefff!” Menspappa kyk op. “Ag nee Dawie. Al weer die tou. Is jy nog nie moeg hiervoor nie? ” Maar tog vat hy die tou en trek dit. Dawie trap vas en lê agtertoe soos hy terugtrek. Vorentoe en agtertoe gaan hulle twee. Sy ogies blink van lekkerkry. Dan gee Menspappa ‘n ekstra harde trek en die tou glip uit sy bekkie uit. Menspappa gooi die tou ver. Dawie draai om en onmiddellik op volstoom storm hy agter die tou aan, spring op die bank, agter oor die leuning en gryp die tou teen die muur. Draai om, hardloop dat sy haartjies agtertoe waai, terug na Menspappa toe om die speletjie voort te sit, maar hy is nie meer daar nie.

Dawie los die tou op die vloer. Hy gaan soek sy oranje bal in die speelgoedbak. Hy gooi dit in die lug met ‘n swaaibeweging van sy koppie. Die bal hop en beland op die bank. Dawie spring agterna. Hy druk die bal met sy neusie in die hoek vas, krap dit dan met sy pootjie los en dan byt hy dit weer in sy bekkie vas. Hy gooi die bal weer en toe rol dit onder die bank in. Daar kan hy dit nie bykom nie.

Skielik is hy honger. Hy draf kombuis toe om van sy korrels te eet. Dis tog ook lekker. Nou is sy magie vol en sy ogies wil toeval. Hy gaan maak hom weer tuis saam met Menspappa op die groot stoel, maak sy ogies toe en raak aan die slaap.

Wat ‘n lekker hondelewe.

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

11 thoughts on “Dawie speel

      1. Haha ek weet. Die een van my seun staar die kos uit jou mond uit. Hy mag nie bedel nie maar is gedurig iewers waar hy almal kan sien. Hy sal ook op einde homself weggee deur so klein oemfie te gee. My seun word baie kwaad vir hom.

        Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website with WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: