Ons huis: die rot

So gaan slaap ons dag 1 in ons nuwe huis. Op die vloer op matrasse. Ek is ingestel op geluide, dus hoor ek elke nuwe klank. Hoog op in my gemoed is die feit dat daar al klaar by ons huis ingebreek is. Weliswaar voor ons oorgeneem het, maar nogtans. Dus slaap ek maar lig op nag 1.

En toe breek nag 2 aan. Ek behoort mos nou al gewoond te wees aan my huis. Rustig raak ons aan die slaap. Tot ek meteens wakker skrik van ‘n baie vreemde geluid. Ek luister en hoor dit weer. ‘n Kraak en skuifel geluid. Verskrik maak ek My Geliefde wakker. Ons moet gaan kyk. Iemand breek in.

Ons sluip in die gang af. Die straatlig en buurvrou se sekuriteitslig maak genoeg lig dat ons redelik kan sien. Ons kyk by al die vensters uit. Niks. Geliefde klink vies. Het ek hom verniet wakker gemaak? Ons gaan terug bed toe. ‘n Tweede keer en soos Samuel ‘n derde keer, staan ek op want ek hoor vreemde geluide. Ek volg die geluid tot in die kombuis. Pen dit vas op die stoof. Besef ek hoor ‘n muis of ‘n rot. Die blikgeluid kom beslis agter die stoof uit – iewers in sy binnekant. Ek strompel terug bed toe, raak aan die slaap.

Die volgende dag sien ek die sakkie met ons hondjie se oornagkos en sy bakkie op die vloer voor die stoof. Dit was op die toonbank. Nou is daar ‘n gat in geknibbel en ‘n paar van die korrels lê op die vloer. Rot se kind was hier.

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

17 thoughts on “Ons huis: die rot

      1. Jong jy weet nog nie hoe manhaftig hul kan wees nie. Trompie het tot in kas geklim elke keer as daar een probeer het om sy intrek te neem. Muisvalle het darem gewerk. Een nag een gevang aan sy stert. Hoor toe gevroetel in kas. Toe ek kas oopmaak spring hy met valletjie en al aan sy stert uit. Trompie het eers geskrik maar hom toe darem gegryp en pap gedruk.

        Like

  1. Rotgif Appeltjie. Kry hom so gou as moontlik uit jou huis uit, want môre is sy maatjies ook daar.
    Ek hoop julle gaan alarm, veral buitebeams oorweeg? ‘n Mens slaap net soveel rustiger daarmee. Ek voel dit kan jou darem betyds waarsku as iemand wil inkom en gewoonlik hardloop die dief dan weg voor hy inbreek.

    Like

  2. Ek is ‘n dapper muis kyk hoe stap ek deur die huis, en daar is niks waarvoor ek skrik nie. Wat van Appeltjie? APPELTJIE!!!!! Dis nou van die muis se kant af 🤔

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website at WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: