Ons koop huis.

Ons is bevoorreg. Die Here het na my wenselysie gekyk en vir my ‘n huis gegee met meer in as waarvoor ek gevra het. O ja, ek moet nou sê “ons”. Ek is nie meer alleen in die huiskoopproses nie.

Hoe het dit begin? Ons weet lankal ons moet huis koop. Die Here se opdrag was immers: Ex 17:6 “Ek, (die Here) sal jou daar by die rots ontmoet. en op 16 September kom die opdrag: Ex 17:6 “Strike the rock and the water will come rushing out.” Ek het geweet die rots is my huis en God gaan dit vir my gee. Dus maak ons somme en kyk wat ons kan bekostig. Dan begin die gesoek. Ons stap die strate op en af in die gebiede waar ons sal wil bly. Kyk en bespreek en kritiseer en besluit op ons kriteria: oopplanleefvertrekke, 2 of 3 slaapkamers, gerieflike stort, groenteplant area vir My Geliefde, bakke vir my vetplante.

Tydens die terugtog na ons vakansie in Natal begin Januarie, stuur buurvrou ‘n sms: die huis oorkant die straat se inwoners het opgepak en getrek. Sy gee ‘n kontaknommer. Eers sê Geliefde, die eienaar verhuur net daardie huis, hy sal nie verkoop nie. Maar nogtans hoor ek hoe hy Maandagmiddag die eienaar bel, ‘n afspraak maak om die volgende oggend die huis te besigtig. Ek staar in verwondering na hoe die mans praat: eers bietjie huis, dan bietjie dalk verkoop, dan bietjie huis, dan weer bietjie oor verkoop. Ek speel met Dawie. Later die oggend roep die geliefde. Hy het ‘n aanbod gemaak en die eienaar wil dit op skrif hê, hy gaan dit met sy vrou bespreek. Die volgende dag kom die antwoord: aanbod aanvaar. Sleutels is ons s’n oor 2 dae. Ek juig en laat almal wat ek ken weet van my nuwe huis en hoe dit die water is wat uit die Here se hand kom. Maar ons sal daar moet gaan slaap. In die 2 dae waar niemand in die huis was nie, het die huisloses klaar ingebreek. Maar eers oor 2 dae.

Intussen moet daar begin word met verf. Watter kleur wil jy die mure hê? gooi My Geliefde my in die warm water. Ek vries. Ek doen nie kleure nie. Kan dit nie sien nie. Die enkele keer wat ek ‘n kleur moes kies jare gelede, was ‘n ramp van epidemiese proporsies. En ek moes daarmee saamleef. Ek soek ‘n ligte kleur. ‘n Wit met ‘n rapsie grys in. Nie room nie. Maar almal met wie ek praat soek ‘n naam. Ek het nie ‘n naam nie.

Ek roep my vriendin in. Sy doen haar eie huis met ‘n klassiek mooi smaak vir kleur. Nie spierwit nie. En sy verf self. Haar stem sprankel toe sy verfkaartjies voor my neersit. Dadelik kan ek sien kaartjies 2 4 1 is uit. Van dit wat oorbly trek 1 wel my aandag, maar die ligte kleur is nog steeds te donker. Nee, verseker sy my, as dit op die muur is, is dit nie te donker nie. En sy sprankel as sy praat van die fokusmuur wat bietjie donkerder moet wees. Ek kan die goeie smaak daarvan insien. En hoe die donkerder kleur briljant gaan pas by die buitebraai. Sy wen daarmee My Geliefde se guns.

Nou staan die yogurtbakkies met haar oorskietverf in my huis. (O dit klink lekker om dit te sê) . Môre gaan ons ‘n stukkie muur verf.

Ek kruis my vingers.

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

8 thoughts on “Ons koop huis.

  1. Baie geluk en ek is baie bly vir julle! Ons geloofshuisie is al jare in aanbou en wanneer die Here gaan sleutels oorhandig, weet ek nie, maar ek glo steeds. En dit gaan ‘n absolute wonderwerk kos.

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website at WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: