Kersfees in Julie op Rebusfontein

Christa is besig met ‘n Kersfees in Julie op Rebusfonetin. Ek en Aalsie het die servette gemaak. Lieflike lapservette met goue stensilwerk. Aalsie het die goeie idee gekry en ek werk lustig saam. Kort voor lank is die tafel netjies gedek. Toortsie het die heerlikste tiramisu gemaak. Ek ken nie wag om dit te proe nie. Ek draf gou om te gaan aantrek.

Seegogga het vir elkeen van ons ‘n lieflike skilderytjie gestuur. Dit het ‘n trotse plek in my huisie op Rebusfontein. Die 2 buffs het saamgekom. Ons moet dit aantrek op ‘n oorspronklike manier. Ek het myny reg gesit op die kassie voor my bed, net reg vir aanpluk. Myne gaan soos leggings gedra word. Ek het my bes probeer maar rondom die boobs en boude wou dit net eenvoudig nie pas nie. Moedeloos het ek later ophou probeer. Toe het ek probeer om dit rondom my kop te drapeer. Maar daardie gesig wou ek glad nie op film verewig nie.

Maar die buffs is weg. Ek is seker dit moet op die kassie wees. Dalk het dit onder die bed ingewaai? Nope. Nou raak ek bekommerd. Almal gaan hulle buffies dra, ek kan nie sonder die goed daar aankom nie.

“Dawie!” roep ek hard. “Kom help my soek asseblief. Ek soek my wit en geel buffs. Het jy dit gesien?”

Dawie trippel die kamer binne. Met die geel buff om sy nek en die witte in sy bekkie. Sy stertjie swaai vrolik. Kyk Mensmamma, blink sy ogies. Kyk hoe mooi lyk ek!

Ek moes lag. Hy lyk so oulik. Ek sal dan maar die wit buff om my arm dra. Dis iets, nie waar nie?

Die Goue Vroue vier kersfees in Julie in Rebusfontein.  Lees gerus die res van die verhale by hierdie skakel https://fresh.inlinkz.com/p/71a6ca761780480590d7508c61dcc7b3

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

13 thoughts on “Kersfees in Julie op Rebusfontein

Leave a comment

Design a site like this with WordPress.com
Get started