Dis blommetjietyd in Grabouw. Die beste in jare ooit. En die boere spuit antiswam middels. En hormoonmiddels. En roesgoed. Snuif met soutwater om die neusgange skoon te hou werk net tot op ‘n punt. En op daardie punt besluit my sisteem genoeg is genoeg en ek begin hoes. Ek hoes deur die dag, deur die nag en sommer so tussen-in ook. So erg dat die asmapompie gebruik moet word saam met die hoesstroop.
En natuurlik, wat is die volgende sisteem om probleme te gee? My stembande. Iets wat onontbeerlik is vir my beroep. Ek is ‘n juffrou en juffrou moet praat, veral noudat sy haar leerders net elke 2de dag sien. Toe dit ook pynlik raak, bel ek die dokter. Die dokter skryf kortisoon voor en 3 dae van stilte. Nie praat nie en beslis nie fluister nie.
Maar toe moet ek somersandale gaan koop. Sal mos werk, ek hoef nie te praat daar nie. Maak ek die fout van my lewe. Ek moet die hulpdame vra om die maat te bring en die regte grootte te kry. Sy staan doer ver.
Het mevrou covid?
Nee, nee my stem is weg.
Is mevrou se stem weg oor covid?
Nee, ek het hooikoors.
Mevrou het wat?
Teen die tyd het ek al my masker laat sak om te kan praat, en toe staan sy eers ver weg. Kan nou glad nie hoor nie. Ek roep benoud die geliefde nader. (jip, hy gaan saam as ek sandale koop.) Sê asb vir die vrou ek het hooikoors.
Trek die man los: hierdie is ‘n juffrou wat so baie omgee vir haar kinders dat sy nou behoorlik haar stem weggepraat het en nou het die dokter gesê sy moet stilbly. En weet julle hoe lekker is dit as ‘n juffrou nie kan terugpraat nie? Hy het baie gou eenkant toe gestaan toe die elmboog swaai.
Maar wat ‘n verandering vind daar plaas in die hulpdame. Amper arm om die skouer word ek verder op die hande gedra. Is mevrou reg? Kan ek nog ‘n skoen bring? Ek neem solank hierdie bokse vorentoe. Waai net as mevrou nog hulp nodig het, ek merk net daardie bokse op die rak.
En met die betaalslag kry ek sommer bietjie meer afslag. Kyk net my mooi nuwe somersandale.

Die Piper Pawnee en die Air Tractor en die Dromader het hier gevlieg en gespuit en ons het neusies gesnuit, gehoes en geproes en almal het gekoes. Almal skrik. 2020.
LikeLike
ek weet presies wat jy bedoel.
LikeLiked by 1 person
Pragtige sandale. Ek ken Hotter, nie die ander make nie. Alyssa verkoop ook Hotter.
LikeLike
Flokit duur. Die ander is Natural steps. Ek kan my voet daarin steek en wegstap sonder n probleem
LikeLiked by 1 person
Ja dit is duur, maar jy gaan baie nut daaruit hê.
LikeLike
En in jou beroep van baie staan waar jy nie op jou voete kan konsentreer nie, maar op kleine kindertjies, is dit nodig dat jy goeie skoene het.
LikeLike
Yes niggie, jy slaan die spyker op die kop.
LikeLiked by 1 person
Appeltjie!!! Jy en geliefde is beide geniusses!!!
LikeLiked by 1 person
Inderdaad pragtig.
LikeLike
Ek stem saam met die juffrou. Jou voete is amper belangriker as jou stem. Hier is ook die hoikoors probleem. Was op n stadium half bekommerd en gaan toe dr toe. Nee wat sê die “nuwe”manlike dr vir my. Niks ernstigs, dis hooikoors. Nooit aan hooikoors eers gedink met die covid storie nie, met permissie gesê. Die sandale lyk heel gemaklik en mooi ook. Maak my lus om ook sandale te gaan koop nou. Pas jou op jong, kannie jou stem verloor nie.
LikeLike