Maandag = Wasdag: 30 ‘n Boer maak ‘n plan

Hier is my bydrae tot: ‘n Boer maak ‘n plan.

Ek is vrou-alleen. Of ek was tot redelik onlangs. Ek het grootgeword op ‘n plaas met ‘n pa wat moes planne maak, want geld was skraps. Wat mens sien, sal mens doen.

Dus, toe ek ‘n enkelma word en finansies ook maar skraps is, het ek rondgekyk wat is daar om te doen. Ek begin ‘n speelskool vir 3-5 jariges. Hulle moet verf, knip, plak, skeur, die lyfies ontdek, speel en nog ‘n bietjie speel.

My 1-jarige babadogtertjie moet maar deel wees van hierdie opset. Vir 3 jaar het sy saam met die ander geverf, geknip, geplak, geskeur, gespeel. Haar bakkie was ‘n eierhouer, met ‘n kleur verf of bietjie gom. Sy het 1 kwassie gehad en het lomp eers alles net bemors, daarna darem die greep reggekry. Solank as wat die ander “geleer” het, het sy saam geleer, stroopsoet, lekker gemors met alles wat voor haar was.

Haar lekkerste speelplek was ‘n groot kartondoos – vrieskasgrootte. Mamma het ‘n deur ingesny, vensters wat kan oop en toe maak. ‘n Paar stukkies lap het die gordyne gevorm. Sy kon teen die kartonmuur krabbel na hartelus. Al die maatjies het haar hierdie paleis beny. Eks net so jammer dat daar nie destyds ‘n selfoon was wat dit kon vaslê nie.

Vandag het Ouma vir haar kleinkindbabatjie ‘n roomysbak gemaak met opvoedkundige waarde. Die rooi deksel het ‘n sirkel, driehoek en reghoekvorms in gekry waardeur my liefiekind proppies en blokkies kan inpas. Vir eers pak sy net uit en ouma pak weer in. Daarna kan sy weer leer inpak en daarna om vorms by vorms te pas. ‘n Boer? Nee, net ‘n ouma.

Mamma moes ‘n plan maak. Mamma het ‘n plan gemaak. My dogtertjie het gelukkig grootgeword.

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

10 thoughts on “Maandag = Wasdag: 30 ‘n Boer maak ‘n plan

  1. Mammas en Oumas is planmakers. My vrou kan met ‘n boks, ‘n lap en ‘n ding van ‘n huis ‘n tuiste maak. As sy 2 skryf, raak dit ‘n tarentaal. En sy verkoop dit en kry geld. Sy is slim, daai wingerdmodeliki van my

    Like

      1. dis oorlat sy my darlingmost wificle is. en sy is enig in haar soort. watter ander vrou sal 8000km per jaar stap om die evangelie te verkondig, mense te beraad en dan terselftertyd haar handwerk verkoop? sy is ‘n paar maal kaalvoet oor die drakensberg

        Liked by 1 person

  2. Vindingryk, dis wat baie Mammas/Oumas is. Die eenvoudigste ding kan gebruik word om n plan mee te maak om die lewe interessant te maak. Die kleingoed geniet juis die planne wat Oumas so lekker kan maak. Dis soos om n towerstaffie te hê om dit te vervolmaak. Dankie vir die mooi planmaak stukkie en deelname aan Maandag=Wasdag.

    Liked by 1 person

Leave a comment

Design a site like this with WordPress.com
Get started