Eps Joubert was ons Wiskunde onderwyser op Bredasdorp. Soms geliefd, soms gehaat, maar goed was hy goed. Heelwat ondernemingsgees het hierdie man gehad. Hy het die driloefeninge gedoen tydens die weerbaarheidsoefeninge. So het hy ‘n meisies drilpeloton ook op die been gebring. Sommer met die intrapslag was ons ‘n groep om mee rekening te hou. Hy het leerders geneem om in Die Hel op ‘n staptog te gaan. Hy het leerders aan die drag gekry om fiks te word. Die ondernemingsgees van hom het gelei tot die totstandkoming van die Voet van Afrika maraton.
Die jaar wat die Voet begin het, het Eps elke leerder wat by hom Wiskunde gehad het, ingespan om te help. Daar was waterpunte, marshals, inskrywings, te veel om op te noem. Die vorige jaar het ek van my fiets afgeval en water op my knie opgedoen. Dit was bitterlik seer. Ek moes die atletiekseisoen uitsit. Die volgende jaar in standerd 9 vind die staptog in Die Hel plaas. Op pad in die bus, sit ek opgedruk met my knieë teen die reëling van die bank voor my. Daardie aand pyn my knie en is dit so opgeswel dat dit duidelik is ek gaan nie hierdie staptog voltooi nie. Die volgende oggend is ek saam met die busbestuurder deur Calitzdorp toe. Die polisieman, mnr Calitz, het my ouers gebel en hulle moes vir ure ry om my te kom haal. Die dokter t tuis het my gediagnoseer met inflammasie in die boonste beenspier. Dit het lank geneem om te genees.
Ewenwel, so breek die laaste weke voor die Voet aan. Eps staan met sy bord voor die klas en vra elke leerder waar hy/sy help. Toe hy by my kom, kyk hy my, sê: jy het mos ‘n knieg, en slaan my terstond oor. So het ek sekerlik die enigste leerder geword wat nie gehelp het met die eerste Voet van Afrika nie.
Mens onthou daardie skooloomblikke! Hoop die meneer het dit nie smalend gesê nie – daar’s mos maniere en maniere om iets te sê.
LikeLike
nee, nee, smalend was dit nie. Hy het net gereken as my knie weer probleme gee, dan is hy in die moeilikheid en die ren is weke ver. Dis ‘n eintlik ‘n heerlike storie om te vertel sodra die Voet opkom.
LikeLiked by 1 person
Eps het die dorp met Die Voet,wat later gewild geword het as “The Toughest Race with the Warmest Heart” BESLIS op die atletiekkalender gesit…later jare het besighede die stalletjies beman vir reklame. Dit het internasionale langafstandatlete soos ‘n magneet aangetrek! Om te dink jy het Eps persoonlik geken!
LikeLiked by 1 person
Daardie briljansie het verdwyn in dementia
LikeLike
Ag toggie.Dis hartseer.
LikeLike
Ek het ook nie gehelp nie! Wel die volgende jaar gehardloop.
LikeLike
My onthoustorie gaan ook oor Eps gaan. 😊❤️ Hy was ‘n legende.
LikeLike
Ek het Oom Eps baie goed geken in die 1970s. Hy en my Pa was vriende maar het elke jaar vir een dag gestry: as hulle met hulle skietspanne Kaap toe is. Pa was vir 19 jaar die WP-afrigter, maar op die groot skietbaan naby die lughawe is daar vir mekaar geknor. Elkeen veg vir su manne en hulle het baiemaal gelykop-skuts gehad en dan moes daar met ‘n spesiale vergrootglasie getoets (en gestry) word. Ons kon skiet, daar was gereeld voltalle, 400/400.
LikeLike
Ai, Eps was deel van baie mooi herinneringe van my skooljare. Ek onthou die begin van die Voet! Die opgewondenheid van hierdie nuwigheid – net die padwedloop kinders het geweet van n ding soos n maraton. Die vordering met die ontwikkeling van die logo was n gesprekspunt van elke wiskunde klas. Met die staptog deur die Hel was ek die jongste – en die kleinste! Maar wat n ondervinding. Sy entosiasme was aansteeklik. En dan was daar die peliton! Montaque se meisies was uitstekend, maar ons was altyd n close second. Heerlikste oomblikke was die ysskaats aande net voor die volgende dag se kompetisie op die Goodwood skou gronde, en die slaap in n saal met honderde ander kinders. Die trots, die disipline, die wonderlike onthou oomblikke. En dan praat ek nie eens van die heerlike wiskundige oomblikke nie! Eps was groter as die lewe self.
LikeLiked by 1 person
Dis darem maar sleg om nie deel te kan wees van die span wat so lank voor die tyd al alles beplan het nie. So lang afstand om by n dr te kom is ook nie speletjies nie. Het jy darem die maraton later jare gehardloop of het jou knie bly moeilikheid gee?
LikeLike
Ek het die opwarmer Die Toontjie van 5 km gestap vir n lang tyd en n hele paar keer die 10 km ook gestap
LikeLike
Dit klink lekker. Ek het nog nooit behoefte gehad om so te stap nie. Hier stap ouens baie en ver ook.
LikeLike
Ek lief stap, veral in die veld. Dit was juis van oefen in die gym om fiks te word vir park runs/stap dat ek n besering opgedoen het wat my nou nog kniehalter
LikeLike
Met reg gesê kniehalter. Ek het ook baie geloop, veral toe ek hier gekom het het ek met die trein Wellington toe gegaan en stad vol geloop om fotos te neem vir my fotografie opdragte. Dis geheel n ander omgewing as waaraan ek in SA gewoond was.
LikeLike