Veelsydig soos die appel

My eie blog? Nooit in my lewe gedink dis moontlik nie. Opstelle skryf op skool en Universiteit het nooit die aantrekkingskrag gehad wat my eie blog het nie. Nooit ‘n dagboek gehou nie, want om my persoonlike gedagtes neer te pen sodat ander dit kan sien, het nie hierdie introvert gepas nie. Maar nou het die Vlieënde Virusvlugtende Towertent my per ongeluk die kans gegee om ‘n kort storie te skryf en mense hou daarvan. So, waarom nie waag en ‘n nuwe verrykende lewensrigting inslaan nie? Nou hardloop my kop met idees. 2 ekstra stories is klaar uitgestippel en ek kan nie wag om daarmee te begin nie. Wie weet, miskien word ‘n deurlopende karakter geskep? Die enigste hartseer is dat ek nie my eerste keuse: Musika kon gebruik nie. Klaar gegryp. Nou is Appeltjie my alter ego. Net so vol moontlikhede soos ‘n nederige, veelsydige appel: vrug, sap, tert, geursel, dierevoedsel. Om nie te praat van die skoonheid van die ragfyn bloeisels en die belofte van lewe en groei wat dit inhou nie.

Dankie vir almal wat die reis met my wil meemaak. Op nuwe vriende, nuwe horisonne, ‘n nuwe begin.

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

10 thoughts on “Veelsydig soos die appel

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website at WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: