MUSIKA EN NEEF

Die towerinne twitter en gons.  Hulle sug en bespiegel en  gryp na die glasies met alkoholiese medisyne vir die hart.  Hul nuuskierigheid is geprikkel.   Wat is die storie van Musika en Neef?  Die wonder  draal soos ‘n onafgehandelde saak in die lug.  Sal die Vlieënde Virusvlugtende Towertent dalk tot hul redding kan kom?  Miskien nie, want laas toe hy op Musika se roepstem geantwoord het, was hy vir ‘n paar dae nie homself nie.  Dalk jammer omdat hy nie eers die saak met hulle bespreek het voor hy gereageer het nie?   Hy was  daarna baie inskiklik en het sy bes probeer om die volgende toer so glad en aangenaam moontlik te maak.

Kameeltjie, die ewige romantikus, kom met die perfekte voorstel.  Waarom klim ons nie in die tent en gaan soek vir Musika nie?  Die VVVTT het haar mos op- en afgelaai. Hy sal weet waar om haar te kry?  Na nog ‘n ronde hartsmedisyne, nie-alkoholies hierdie keer want die regte voorraad moet hou as gevolg van die inperkingsmaatreëls, sien die ander ook die voordeel  hiervan in.  Nou moet die VVVTT net saamwerk.  Dan kan hulle mos self die verhaal voor hulle sien afspeel?   Toortsie storm soos gewoonlik vervaard en vrolik die vertrek binne met haar nuutste peuselgoed in die hand.  Sy weet net waar om te begin.   Op die grootword dorp.  Wie gaan verantwoordelikheid neem vir die VVVTT?  Die Muntstuk vlieg in die  lug op, beland beslis in Perdebytjie se hand.  Onwillekeurig vou haar hand toe en druk sy op die koningin se kroon. 

Die VVVTT glip seepglad weg na die eerste bestemming.  Maar tot almal se verbasing is dit nie die Appeldorp nie.   Die towerinne beland 15 jaar in die verlede in ‘n huis op die hoek naby die see waar ‘n klein dogtertjie warm in haar bedjie sit en bid.  “Asseblief Liewe Jesus, stuur vir my mamma weer ‘n man sodat sy weer ‘n maatjie kan hê.”   Awwwwwww, fluister-echo  dit deur die tent.   Langs haar sit ‘n 35-jarige Musika op die bed.  Die verlange na ‘n lewensmaat begin weer broei soos ‘n klein voëltjie-eier in haar hart.  Wat om te doen?  Sy klop aan by vriende vir raad.   Stel ‘n voorskriftelike 10-punt lys op en stuur dit hemel toe, profeteer die Charismatika.  Die Allerhoogste hou daarvan as jy weet wat jy wil hê.   Put it out there in the universe, prewel die New Age masseuse.  Mother Earth will hear and grant you your wish.   Alles sal op die regte tyd  gebeur, verklaar die konserwatiewe gereformeerde predikant met ‘n vaderlike klop op die skouer.

Die towerinne begin hewig debatteer oor hierdie uiteenlopende idees.  Maar Perdebytjie reken hier sal hulle niks verder kry nie.  Sy streel die muntstuk saggies en fluister vir die VVVTT om die volgende inloerplek te soek.  Groot is die verbasing toe hulle tot stilstand kom, 20 jaar later,  bokant……..  Dis  Neef, verklaar Toortsie.  Die oë rek.  ‘n Paar harte slaan ‘n klopslag oor.  ‘n Ander hyg na asem.  Voor hulle staan hy, breedgeskouer, 6 voet 2. In sy sokkies.  Manlik en regop langs sy 4X4.   Gaan hulle sowaar nou sy storie ook kry? 

As oujongkêrel het  Neef vele omswerwinge gehad, gehiernatoe  en daarnatoe, ongehinderd op sy eie  tot hy besluit het om sy aftreejare in die lieflike Groenland te slyt.   Hy gaan soek versterking en gemeenskap in die groot wit kerk.  Dis tyd vir die kerssangdiens, ‘n geestelike en magiese tyd van die jaar.  Eers hoor hy dit net –  die strelende kersmusiek wat die mooi gebou vul.    Hy soek die een wat die note optoor, die een wie se musiek  sy siel vul met hemelse vrede.  In die flikkering van die kersliggies sien hy haar,  en sy oujongkêrelwese  weet …….  dis sy,  Die Een. Saam met haar wil hy oud word.  Maar haar naam is ‘n misterie en na die tyd verdwyn sy in die mensegewoel.   Neef was nog altyd ‘n man met ‘n plan en as jy kan praat, kan jy soek en vind.  Hy vra ‘n subtiele vragie hier,   gooi ‘n onskuldige woordjie daar, en siedaar SY het ‘n naam.   Musika.  Klink net so verleidelik soos haar musiek.  Neef speur en hy soek en hy beplan  en uiteindelik hoor hy haar stem oor die selfoon.  Sag, net soos sy.  Steak eet? vra die man.  Wat van vis? streel haar stem terug.  Net solank hy haar aan die ander kant van ‘n tafel kan kry, stem hy in. 

En so kry Appeltjie toe haar maatjie soos die dogtertjie baie jare gelede gevra het, swymel die vrou in elke towerin.  Die VVVTT wag ongeduldig dat iemand hom opdrag gee om te skuif na die volgende toneel, maar Kameeltjie en Toortsie keer.  Soms is genoeg net genoeg. Sekere dinge moet privaat bly.   Perdebytjie en Una stem saam, neem beheer oor die muntstuk en die tent en hulle keer terug huis toe.   Vanaand is romanse by die huis ook op hulle spyskaart.  

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

13 thoughts on “MUSIKA EN NEEF

  1. Pragtig geskryf, Appeltjie. Ek is baie bly ek is saam met jou op dierdie romantiese tog, gaan sit en wag om te sien en te hoor wat gebeur. Ek is defnitief die mees on-romantiese een tussen die Towerinne, so beskou dit as ñ groot kompliment van my af as ek nog wil weet.

    Liked by 1 person

    1. Dis geskryf nadat Neef opslae gemaak het in Musika se kleintyd storie. Volgende gaan hulle op vakansie en ek probeer dit kort hou, maar dit gaan ‘n deel 3 kos om klaar te maak en hul storie af te sluit.

      Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website at WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: