Ná ‘n lang en besige tyd begin die Goue Vroue weer een vir een terugkeer Rebusfontein toe. Dalk om die batterye te laai, dalk nie. Wie weet? Volg hulle terugkeer HIER. ****************************************************************************************************** Faye en die ander diere van Rebusfontein speel uitgelate in die bome en berge naby die waterval op Rebusfontein. Danie waggel moeg nader. DaarContinue reading “Terug na Rebusfontein #5”
Tag Archives: rebusfontein
Kersvader op Rebusfontein
Hierdie hoofstuk vorm deel van die Towerinne/Goue Vroue se avonture. Ons is die hoofkarakters in ons eie vervolgverhale (natuurlik) en ons fantasie stories is vir ander ondenkbaar, ondoenbaar en onverklaarbaar. As jy die verhaal wil volg, moet jy op die onderstaande skakel kliek om die hoofstukke te lees. Na myne sal daar gereeld nuwe hoofstukke bygevoegContinue reading “Kersvader op Rebusfontein”
Seekoei vir Rebusfontein
Daar is ‘n woeligheid op Rebusfontein. Die permanente diere inwoners ontspan rondom die meent. Lemmie, Grietjiekat en Flookie speel wegkruipertjie en aan-aan in die bome. Bekkie is die skeidsregter. Met haar ogies wat so fyn kan kyk, stry niemand nie. Faye hou vir Santie en Blommetjie geselskap. Haar vlerkies gaan nie die woeste gejaag inContinue reading “Seekoei vir Rebusfontein”
Rustig – my Rebus huisie
Ek hardloop die kombuis in waar my geliefde besig is om te werk aan sy pynappelbier. Dis al die tweede emmer en die eerste een was heerlik. Hierdie een moet dopgehou word, want hy het die resep effens verander. Lief, ek moet dringend Rebusfontein toe. Ons towerinne is besig met ‘n opknapping en uitbreidings enContinue reading “Rustig – my Rebus huisie”
Aand 1 op Rebusfontein
Ek tower myself, die geliefde en die FJ4X4 tot op Rebusfontein. (Waarom die 4X4 ook? Die geliefde hou van ry en die VVVTT se sagte vloer werk nie goed saam met Neef se maag nie.) Ons gaan vandag ons huisie reg inrig. Ja, ons verbeelding werk oortyd, maar die geliefde hou daarvan om sy handeContinue reading “Aand 1 op Rebusfontein”
Huisie op Rebusfontein
So wens ek vanoggend dat ek saam met julle almal kon ontvlug Rebusfontein toe. Ons ry om by die kleinkinders te gaan kuier. Die eerste ontmoeting met ‘n nuwe aankomeling lê voor. My hart is seer oor die vuil langs die pad, die afgebreekte betonmuurtjies, die geskeurde veiligheidsnette op die deurpad, die afgedrukte skerppuntige keerdraadContinue reading “Huisie op Rebusfontein”