Kleintyd speeltyd

My blog-vriendin Christa (@dr christa van staden) skryf van kinders in Kazahkstan wat hop-scotch speel. Net daar begin die vriendinne saampraat oor Afrikaanse name vir die speletjie en my gedagtes trek terug na speeltyd op die speelterrein. Toe en nou. Behalwe die normale raakrugby en krieket, kon ek vinnig op die volgende kom. TOUSPRING. OContinue reading “Kleintyd speeltyd”

Neef en Musika: die eerste vakansie deel 1

Wat is jy lus om in die vakansie te doen? vra Neef.  Musika se gedagtes glip terug na Skoonseun se raad:  Ma, vra hom waarvoor hy lus is.  Dis sy manier om te sê hy het ‘n idee en hy hoop eintlik Ma se idee is dieselfde as syne.  Sy volg Skoonseun se raad.  WaarvoorContinue reading “Neef en Musika: die eerste vakansie deel 1”

Aand 1 op Rebusfontein

Ek tower myself, die geliefde en die FJ4X4 tot op Rebusfontein. (Waarom die 4X4 ook? Die geliefde hou van ry en die VVVTT se sagte vloer werk nie goed saam met Neef se maag nie.) Ons gaan vandag ons huisie reg inrig. Ja, ons verbeelding werk oortyd, maar die geliefde hou daarvan om sy handeContinue reading “Aand 1 op Rebusfontein”

Huisie op Rebusfontein

So wens ek vanoggend dat ek saam met julle almal kon ontvlug Rebusfontein toe. Ons ry om by die kleinkinders te gaan kuier. Die eerste ontmoeting met ‘n nuwe aankomeling lê voor. My hart is seer oor die vuil langs die pad, die afgebreekte betonmuurtjies, die geskeurde veiligheidsnette op die deurpad, die afgedrukte skerppuntige keerdraadContinue reading “Huisie op Rebusfontein”

Create your website with WordPress.com
Get started