Switzerland, hier kom ons #2

5 under the radar toboggan hills in Toronto
photo pixabay

Die Goue Vroue is al weer op pad na ‘n nuwe avontuur! Op pad na ‘n troue toe, moet hulle eers ‘n paar stoppe maak. Klik hier en toer saam. Verwag ook sommer die onverwagse.

https://fresh.inlinkz.com/party/7e01efcc06e4463da97c16ec33eb9429

******************************************************************

Die Goue Vroue sit en kyk verbaas na mekaar. Wie sal nou Rebusfontein toe bel as almal hier is?

Dan spring Appeltjie op en storm op die foon af. Net voor dit ophou lui, tel sy dit op, hou dit teen haar oor en singsê: “Hallo, wie is dit wat praat?” Sy wil net lag as sy dink aan hoe haar leerders gaan wonder waarom sy die halfmaanvormige ding teen haar oor en mond hou. Selfone het praat oor ‘n afstand verander.

Dan streel ‘n superseksie gemoduleerde stem oor die lugweë. “Hallo, dis Camilla. As jy die foon antwoord, is jy ook ‘n Towerin.”

“Uhm, ja, my naam is Appeltjie, maar deesdae is ons Goue Vroue. Is jy Camilla, dié Camilla, Kameel se Camilla?”

“Netso. Ek het baie goeie nuus. Ek en Lorenzo gaan trou en ons wil julle uitnooi om almal die dag saam met ons te vier. In Italië, oor 2 weke.”

Italië! Appeltjie vergeet sy het nie ‘n selfoon in haar hand nie en begin hardloop na die ander vroue op die stoep. Met dié ruk sy per ongeluk die draad uit die muur en daar gaan die verbinding ook. O gaats, hoe moet hulle nou weet waar in Italië die troue is?

Chaos bars los op die stoep toe Appeltjie die nuus uitblaker van die opkomende troue. Tipies vrou is dit net, wat gaan ek aantrek? Is my hare nog reg geknip? Moet ons ‘n present saamneem? Ek wonder hoe lyk die ring? Het sy al ‘n kombuispartytjie gehad? Skoene, handsakke en naels word bespreek.

Dan staan Appeltjie vas: “luister julle, ek was nog nooit oorsee nie. Nog nie eens buite ons land se grense nie. Ek sal darem die geleentheid wil gebruik om iets van Europa te sien. Julle was al almal daar en weet seker van ‘n paar plekke om my te wys. Ek wil bitter graag gaan toboggan in Switserland se sneeu en ek moet ‘n draai maak by Venesië vir ‘n kantrok.”

Virgo kry almal tot bedaring en begin reelings tref. Almal moet binne ‘n uur by die VVVT wees. Die VirusVlugtendeVlieëndeTent gaan weer ingespan word. Terwyl die vroue almal spring om hul allernodigste in te pak, skud die VVVT die stof uit sy seile, sorg dat die kabinette gelaai is met eet en drinkgoed en pof die kussings op sodat sy kosbare Goue Vroue gemaklik kan sit.

Kort voor lank vryf Toortsie die goue muntstuk op die koningin se kop en daar trek die VVVT, oor Afrika, rigting Switserland. Appeltjie staar na buite. Die Skeurvallei, die Serengeti, die magtige Zambezi, die Sahara woestyn. Wat ‘n kontinent van uiterstes is dit nie.

Sy dink nog aan die teenstellings, toe vlieg hulle oor die blou Middellandse See tot by Heidie se berge in Switserland. Die Goue Vroue haal almal hul sneeuklere uit die kaste, trek ski’s aan hul voete en klim uit. Die koue lug is tegelykertyd verfrissend maar ook brandend koud.

Christa, Sonell, San en Kameel besluit hulle pak die hellings op lang ski’s aan. Appeltjie, Trommeltjie, Una en Virgo mik vir die toboggans. Seegogga, Aalsie, Toortsie en Woordnoot kry hulle sit op die hysbakke wat hulle na ‘n hoër helling toe neem. Frannie, Ekmyself en Ora gaan soek ‘n skaatsring waar hulle saam met die ander in die rondte gaan ski. Hier kom ‘n lekker middag. Die eerste rit op die tobogan af ondertoe is net te gou verby. Appeltjie gryp die rand vas en soos ‘n wafferse kampioen, een hand in die lug, gly sy teen die rand af, die ander kort op haar hakke. Met wange rooi gebrand van die koue, al laggende draai hulle om en stap weer met die paadjie terug boontoe. Ver bokant hulle land Toortsie se groep op die helling en staan reg. Met die wegtrekslag hoor mens net vir Toortsie juigend roep:”Jodelêhi jodelêhi jodelêhihoooooooo”. Al gehoor van ‘n suiwer stem wat ‘n glas kan laat bars? Onheilspellend stadig begin daar ‘n walletjie sneeu agter Toorts beweeg. En voor iemand nog kan waarsku, begin die wal sneeu teen die helling afgly, reg op die dames met die tobogans af. Mense gil en skreeu en probeer die aandag trek, maar die 4 Goue Vroue op hul tobagans vermoed niks nie, sien net mense wat hulself geniet.

Tot ‘n wal sneeu hulle van agteraf tref. Appeltjie vlieg van haar toboggan af, reg op Virgo se rug. Dié skiet haar arms uit om haar balans te hou en stamp vir Una van haar toboggan af. Trommeltjie se toboggan kry ‘n skoot sneeu van die kant af en sy word skuins uit geslinger. Monde en neuse vol sneeu later, en wat voel soos ‘n leeftyd se gil en bollemakiesie, kom die sneeuwal tot stilstand.

Hoe gaan hulle hier uitkom. Toortsie, help asb.

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

19 thoughts on “Switzerland, hier kom ons #2

  1. Ek hou van die prentjie waar jy met die telefoon hardloop. 😁😁😁 Sien dit voor my afspeel. Jip en daar gaan die klomp sneeu en al. Hopenlik weet ons wat ski hoe om te pizza!!!

    Liked by 1 person

  2. Ek kan dit nie glo nie…..ons flippin kry nie eers kans om asems terug te kry op Rebus nie, nou lê ons alweer in ‘n vreemde land onder sneeu!!! Waaragtig net die Goues wat daai een kan regkry!

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website with WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: