Ons is ‘n groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ‘n dorp ontstaan, Rebusfontein. Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.
Hierdie hoofstuk sluit by ‘n menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebus bestaan. Vir ons, en dalk vir jou.
Rebus is ons wegloopplek, en soms ons wegkruipplek. Maar feit is, Rebus is ONS s’n.
As jy ooit lus is om deel te word, om deel te neem, sê net, en jou droom sal bewaarheid word.
Volg die storie deur op HIERDIE SKAKEL te kliek.
*****************************************************************
Die Goue Vroue staar geskok na die monsteragtige wese voor hulle in die ruimte. Hy is so groot dat hy die sterre verduister. Vreemde spoeg vloei by sy mond uit. Agter hom dobber die uitmekaargeskeurde wrak van ‘n ruimteskip. San stamp aan Trommeltjies. Uit die hoek van haar oog sien sy nog ander wrakke ronddobber. Stukke van die verskeurde rompe fladder soos lap in die ruimte rond. Christa en Ekmyself volg hulle verbaasde gesigte. “O, genade, wat het met hulle gebeur?” fluister Trommeltjies verstom.
“Uhmmmmm, Goue Vroue, ek het al genoem van die Empty Quater?” vra Silver.
“Die wat?” kry Frannie dit uit. “Hoekom het jy nie vroeër gepraat nie? Dan kon ons mos ‘n ander rigting ingeslaan het.”
Silver wil homself nog verdedig, maar net toe kry Appeltjie haar asem onder beheer waar sy voor die beheerpaneel sit. “Julle, hou vas, ons moet hier weg. NOU!” praat sy ferm in haar juffrou stem. (In haar vorige lewe het sy maklik 160 7,8,9-jariges daarmee tot stilstand gebring.)
Elke Goue Vrou skarrel om vashouplek te kry. ‘n Druppel van die ruimtemonserspoeg begin na die GVVT toe sweef. Dan beveel Appeltjie: ” Sonell, jy hou net jou vinger op die geel knoppie daar links. As ek sê druk, dan druk jy. Hou vas almal, hier gaat ons!”
Appeltjie gryp die stuurstang vas soos ‘n wafferse vegvliegtuigloods. Sy stoot dit vorentoe en die GVVT skiet weg. Dan pluk sy die stang na links, die GVVT mis die spoegdraad rakelings en met ‘n volgende beweging, skiet die GVVT regsom, verby een tentakel tot onder die ruimtemonster se keelgedeelte. “NOU Sonell!” Sonel se vinger druk vinnig. ‘n Rooi laserstraal skiet uit die bopunt van die GVVT. Dit tref die ruimtemonster op ‘n sagte deel van sy keel en ruk ‘n groot gat daarin. Voor die giftige vloeistof wat daar uitspuit op die GVVT kan val, swenk Appeltjie linksom en vorentoe.
In die kajuit val die Goue Vroue nou rond en bont. Hulle hande kon nie styf genoeg vashou nie. Una en Seegogga gryp mekaar vas in ‘n verbete poging om hul rondomtalie te stop. Hulle gesamentlike gewig laat bons hulle tot op die beheerpaneel. Hulle skiet weg en dan kry hulle ‘n handvatsel beet aan die kant waar hulle genadiglik tot stilstand kom.
Toortsie klou aan haar vashouplek, oë styf toe terwyl sy saggies prewel en sing in ‘n poging om haar angs onder beheer te bring. Langs haar uiter Virgo woorde wat mens nie wil herhaal nie. “Appeltjie, wat vang jy aan!?” gil sy. (teks gesensor)
Appeltjie konsentreer, meet met die oog, wag haar kans af en swenk weer. Dit lyk behoorlik of die GVVT ‘n bollemakiesie wil slaan. Aalsie moet sluk, want die naar styg in haar keel op. Rakelings mis een van die ruimtemonster se arms die tuig. Appeltjie pluk die tuig boontoe, doen ‘n 360 rol en die volgende oomblik is hulle bo-op die monster, op sy blinde kol. “Sonell, druk!” Sonell druk die knoppie weer en nog ‘n laserstraal skiet af na die monster toe. Hierdie keer tref dit die sensitiewe plek waar die brein die res van die lyf ontmoet. Die monster se nek ontplof in ‘n mengsel van vloeistof, breinmateriaal en lyfstukke. Die ding begin fladder, sy pote ruk en pluk en dan begin dit val. Of sweef. Of wegdryf. Hoe noem mens dit in die ruimte waar goed eintlik gewigloos is?
Appeltjie bring die GVVT tot stilstand. Positief kom versigtig nader en vryf Appeltjie en Sonell se skouer. “Dankie julle. Sjoe, dit was amper!” Die Goue Vroue beweeg na die tuig se vensters en staar uit na buite. In die lug rondom hulle sien hulle nou ook die klomp wrakke raak. Almal is uitmekaar geskeur. Agter die wrakke raak die ruimtelug sag rooi en bruin. Iets roer in die middel.
“Uhm, dames, voor julle sien julle die Empty Quarter,” begin Silver praat. “Dit word so genoem omdat niks hier oorleef behalwe daardie monsters nie. Hulle is onoorwinbaar. Maar hierdie monster wat julle vermorsel het, is net die hekwag. Noudat hy dood is, gaan die soldate uitkom. Ek het hulle eenkeer gesien toe ek saam met die Zeniane patrollie gedoen het. Hulle het toe juis ‘n ruimteskip aangeval. As julle gedink het hierdie monster is groot, wag tot julle die soldate sien. Ek stel voor ons kom vinnig hier weg.”
Appeltjie laat nie op haar wag nie. Sy draai die GVVT om en begin terugbeweeg.
“Appeltjie,” vra Woordnoot. “Waar het jy so leer vlieg?”
“Waar ek grootgeword het, was daar ‘n lugmagbasis vir vegvliegtuie,” antwoord Appeltjie, terwyl sy die ruimte dophou vir onheilhede. “As vegvliegtuie baklei, noem ‘n mens dit “dog-fighting. Met die lugskoue het hulle baie dog-fights gehou. Ek het dit nageboots. Goed om te sien dit werk in die regte lewe.”
Woordnoot sluk. “So jy het iets nageboots en toe werk dit. Sjoe, my swak hart. Dames, kom ons gaan huis toe, wat sê julle?”
Absoluut wonderlik ou Appeltjie! Sjoe, dat ons nou sowaar n dogfight kon doen! Jy het ons lewe gered!
LikeLiked by 1 person
Dit was nood leer bid.
LikeLiked by 2 people
Goeie ouers Appeltjie, jy het ons briljant uit hierdie nagmerrie gekry! Dankie tog vir jou nabootsing. My lyf is potblou van die rondval.
LikeLiked by 1 person
Shame en dan was jy nog seer gedans ook. Jy het n vakansie op die eiland nodig
LikeLiked by 1 person
Sowaar, jy is reg!
LikeLiked by 1 person
Julle ek voel naar.
LikeLiked by 1 person
Nie net naar nie. Dronk ook.
LikeLiked by 2 people
Dronk kop soos Kameeltjie altyd kry?
LikeLiked by 1 person
Ek weet nie eintlik watter dronk nie, maar dronk is dit gewis. Erg dronk. En ek belowe ek het niks gedrink nie.
LikeLike
Dis van al Appeltjie se manouvers, Toorts. Sy het ons almal in die dronkte in gekoets.
LikeLiked by 1 person
Behoorlik! Maar sy is jollie goed, hoor!
LikeLike
Ek het altyd gewonder of die ouens in daardie vegvliegtuie nie ook naar word as hulle so bollemakiesie in die lug nie. Dit dog-fighting vind plaas teen ‘n ontsettende spoed. Gelukkig is ek een van daai mense wat eers doen en dan later skrik.
LikeLiked by 1 person
Genadiglik tog.
LikeLiked by 1 person
Ek dink hulle is gekonfyt daarin.
LikeLiked by 1 person
Julle my maag voel nie lekker nie.
LikeLiked by 1 person
Genadendal dit was manjefiek, daai vlieg truuks is uit die boek Appeltjie. Dankie tog ons kon van die gediertes ontsnap. Ek stem, nou huis toe. Die reik na die droom, was beland in die nagmerrie.
LikeLiked by 1 person
Julle ek is bang.
LikeLike
En hier is bloukolle waar ek nog nie eers geweet het plekke is nie.
LikeLike
Kan ek maar nou my oë oopmaak?
LikeLiked by 1 person
Toorts, maak oop jou oë… Dis beter, en die kleinhuisie is daar agter die kontrolepaneel. Mik net mooi, nè.
LikeLiked by 1 person
eeeeeuwwwwww
LikeLike
Uitstekend geskryf! Goeie spanningslyn. 🌼
LikeLiked by 2 people
Briljant!!!! Dankie jy het nie al my #&*@#$& woorde geskryf nie. In die lewe, Top Gun het niks op jou nie. Dankie dat jy ons uit daai gevaar uit het, jy mag maar. Die blou kolle sal weggaan, whohhoooooo Appeltjie, you go girl🌻🥳🥳👽.
LikeLiked by 1 person
Ek het nóú nog ‘n narigheidjie. Goed geskryf,Appeltjie, die manne van die Toetsvlieg-en Ontwikkeling Sentrum sal vreeslik beïndruk wees met jou uitmuntende waarnemingsvermoë.Ek is beslis ook!
LikeLiked by 1 person
Lieflik geskryf. Geniet om te lees.
LikeLiked by 2 people
Welgedaan Appeltjie…ek haal nou eers in.
LikeLiked by 1 person
Puik ontsnapping!
LikeLiked by 2 people