MAANDAG = WASDAG: “klein” kinderliedjies

Scrapy skryf oof liedjies in haar verlede.  Ek het grootgeword met musiek in ons huis.  Ou 75 plate, nuwer langspeelplate en klaviermusiek.  Voorheen het ek al geskryf dat ek eers werklik in standerd 4, huidige graad 6 met popmusiek kennis gemaak het.  Tot dan was die grotendeels klassieke musiek.    Ek onthou veral die Halleluja liedere.  Sommige het ‘n groot indruk gemaak op my.  Strome van seën draal nou deur my kop as dit reën of as ek mismoedig voel en iets soek om aan vas te hou.  Langs die heuweltoppe kom daar blye môregloed.  Op die werk het my pa se ploeg gestaan. Ek sien nog voor my geestesoog hoe ek 2 stokke het en die klanke van die lied op die ysterploeg uitslaan.  Wat ‘n vriend het ons in Jesus  het erg op my senuwees gewerk omdat die tannie op die orrel dit erg getrek het en dan trek van die oumense dit nog meer.   My ouma het altyd die volgende gesê as sy verstom was:  Hygend hert der jagt ontkomen.  Tot ek later uitgevind het dis die ou Hollandse woorde vir Soos ‘n wildsbok wat smag na water.  So kan ek my pad werk deur Halleluja liedere.

My ma het gesê as dit my beurt is om die orrel te speel  op Sondag, moet ek ‘n paar Halleluja’s inwerk in my tussenspel.  Die ou mense hou daarvan. 

Dan praat ek nie eens van die FAK kinderliedjies nie.  Eendjies, eendjies daar in ‘n ry;   Hansie slim;   Bobbejaan klim die berg.  So kan ek aangaan.  Daarom was dit vir my vreemd toe ek begin klas gee vir kinders wat uit ‘n ander kultuur kom as ek, dat hulle dit nie ken nie.  Ek moes gou my deuntjie verander van:  ken julle dit regtig nie?   na watter liedjies ken julle?  

Vandag begin my kleinkind van 14 maande haar lyfie swaai as daar musiek is.  Goed geteel van albei ouma’s, mamma en pappa se kant af.

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

10 thoughts on “MAANDAG = WASDAG: “klein” kinderliedjies

  1. Ai die mooie musiek waarmee ons grootgeword het. My Francois kind wys my hoe jy kan leer klavier speel per die internet. Hy wys my n moeilike lied, volgens die ander stemme op die internet. Ek se net nee, dis maklik, ek weet dat my sus dit maklik sou kon baasraak. En daar kan ek haar sommer hoor speel op die klavier. Liefde, sus 🙂

    Like

  2. Hallelujas en FAK-liedjies het my ook gevorm. Dit voel vir my of die kinders glad nie meer liedjies ken nie. Ek wil my kleinkinders keer kitaar speel, maar ons kan net glad nie op iets kom wat ouma jen en op hulle vlak is nie. Sal volgende keer weer probeer.

    Like

  3. Ja, die haleluja liedere is ook heerlik gewees om te sing. Dis altyd by opening van skool gesing. Hier is dit ‘n perd van ‘n ander kleur met die Engels hier en dan nog die vreemde karakters wat vandag gewild is. Al daardie liedjies wat jy opnoem is bekend van vroëer jare. Die Mannetjie was my eerste kritles se sang les.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website with WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: