Swaaiend deur die oerwoud #6

Innovation is like a tropical rainforest | Paul4innovatings Innovation Views

Die Goue Vroue is op ‘n avontuur in Afrika. Elkeen is die outeur van haar eie storie. Maar die Jumanji bord gooi ons rond. Lees al die avonture hier:  https://fresh.inlinkz.com/party/222c461d2afc4999aca03fa567cd84ea

********************************

“In the jungle, the mighty jungle, the lion sleeps toniiiiiiiiiiiiigth” sing die Goue Vroue lustig. Elkeen sit op haar eie seekoei wat hulle deur die diep rivier dra. Die verligting dat Aalsie en Virgo met die diere kan praat, maak almal uitbundig. Niemand wonder waarheen die krokodil met die diererower heen verdwyn het nie. Buitendien is die uitsig op die reënwoud wat aan die oorkantste wal vir hulle wag, ‘n goeie aandagafleier.

Die seekoeie moet ‘n entjie van die wal af stop sodat die vroue kan afklim. Sonelle gril vir die modderigheid, maar Seegogga vat haar aan die hand en sê: “Kom. Modder is skoon, dit was af in water.” Op die oorkantste wal staan die Praatstok met die Jumanji bord. Appeltjie vat die dobbelstene, skommel, blaas daarop, skommel weer en wil net weer blaas, toe praat Una agter haar: GOOI!. Van pure skrik skiet Appeltjie die dobbelstene in die lug op. Nie dubbel nie, nie dubbel nie, prewel sy. Uiteindelik val daar ‘n 5 en ‘n 6. 11 plekke verder staan daar op die bord: swaai aan die toue deur die boomtoppe. vind die ampermense.

“Ek weet! Tarzan moet hier wees. Hy het mos by die gorillas grootgeword. Tarzan! Oehoehoehoehoe hoe hoe” jodel Appeltjie. Toortsie val in en saam sing hulle in ‘n koor. Intussen bly hulle aanstap. Die reënwoud doen sy naam goed gestand. Daar is plante in oorvloed, lieflike papegaaie wat in kleurvolle wolke opvlieg en oorverdowend raas. Klimopranke so dik soos toue hang oral. Die volgende oomblik gil Christa dat jy haar waar kan hoor. “Spinnekop!” Sy het so loop en foto’s neem van die lieflike blomme dat sy nie die groot spinnerak voor haar gesien het nie. Una is nie links nie en blitsig klap sy die spinnekop dat dit daaaaaar trek.

Dan gaan staan Appeltjie botstil. Voor hulle deur die takke kom ‘n manjifieke mansfiguur aangeswaai met behulp van die klimopranke. Lig en sag land die groot man voor hulle in die effense voetpaadjie. Die dames snak na hul asem, waai die gloede op die gesig weg en ander staar net na die manlike perfeksie. Sterk skouers, lang bene, ferm armspiere, hare effens te lank. Sy woorde vul die stilte. “Ek is verbaas om te weet dat daar nog iemand is wat my geheime roep ken. Wat kan ek vir julle doen?”

Tarzan in jungle Stock Photo - Alamy

San stamp aan Appeltjie. “Dis jou gooi. Jy moet praat.”

“Ons is besig met ‘n bordspeletjie en ons moet nou deur hierdie oerwoud kom. Dis te dig. Kan jy ons help asb? En weet jy of hier gorilla’s is? Ons wil so graag ‘n babatjie sien.”

Voor Tarzan kan antwoord, hoor hulle die brul van ‘n leeu. Tarzan spring in aksie. “Gou dames, agter my aan. Klim vinnig in die boom. Gebruik die takke soos trappies.” Blitsig glip almal in die boom op. Tot hulle verbasing is daar ‘n platform met ‘n zipline en verskeie veiligheidsharnasse. Maar net 12, en hulle is 13. Tarzan bied aan om 1 Goue Vrou saam met hom te swaai aan die klimopranke. Braaf bied Appeltjie aan om saam met hom te swaai. Tarzan gee instruksies: ” Gaan tot by die volgende afklimplek. Sit doodstil tot ek kom. Die gorillas se nes is daar naby. Moenie roer nie en moenie oogkontak maak met die mannetjie of enige gorilla as hulle julle oplet nie.”

Toortsie gryp die eerste harnas en voor jy kan keer, zip sy deur die bos. “Aaaaaaaaaaaiiiiiiiiieeeeeeee” weergalm haar uitbundige roep deur boomtoppe. Een na die ander volg die ander haar. Niemand wil bang lyk nie. Maar die sig van bo af is wonderskoon. Ver onder hulle staan die leeu verwonderd en kyk hoe ‘n trop mense deur die lug swaai. Hy hou dop in watter rigting hulle gaan. Kos bly kos.

Intussen klou Appeltjie verbete vas aan die gespierde arm om haar lyf. Van hoogtevrees is daar nie nou ter sprake nie. Maar sy is verlig toe Tarzan vlugvoetig op die platform land waar die ander vroue al sit. Woordnoot en Positief kyk met ouma oë na die skatlike gorillababatjies. Trommeltjie moet klou aan die blouwildebeeskalfie, want hy wil, tipies babatjie nog homself, met die gorillatjie gaan speel.

Net toe almal wil afklim ondertoe, kom hulle agter dat dieselfde groot, honger leeu wat hulle vantevore gehoor het, onder die boom staan. Wat nou?

Aalsie, hier kom die dobbelstene.

All images: google

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

30 thoughts on “Swaaiend deur die oerwoud #6

  1. Dankie,Appeltjie. Jy is oulik om te volunteer om in Tarzan se arms te wees! Los die leeu vir my terwyl julle oor die gorillababatjies (én Tarzan) koer!

    Like

  2. Sies Appeltjie, ek is baie ouer as jy, ek droom al baie langer oor Tarzan! Maar oukei, dit was jou beurt. Kyk, ek het daai spinnekop darem geklap tot in sy glorie in. Lekker!

    Liked by 2 people

  3. Hierdie blouwildebees kalf gee my grys hare ( nog meer as die wat ek reeds het), eenmaal peuter het hy ń wil van sy eie. Weet julle hoe moeilik is dit om te zip line met ń kalf in jou arms😱?. Aalsie, Virgo C julle moet help, ek moet hom by sy ma uit kry.

    Liked by 2 people

  4. Appeltjie, ek nou lekker gelag, dis awesome! Tarzan!!!! Whohoooo, ek gesien jy klou nogal redelik hoor en neem jou glad nie kwalik nie, mooi bly mooi. En ek het zip line gedoen. Ousus, dankie vir daardie spinny klap, daar praat ek vreemde tale. Wonderlik geskryf Appeltjie🤠🤗🌻🌻

    Like

Leave a reply to Toortsie Cancel reply

Design a site like this with WordPress.com
Get started