Dawie is waaksaam

Dawie gaan slaap saam met Mensmamma en Menspappa. Op hulle bed, tussen hulle of langs iemand. Dan steek hy sy neusie onder ‘n laken in en skuif onder die komberse in. Soms lê hy op die vloer op sy kombersie. Maar hy word elke nou en dan wakker. Dan stap hy gou deur die huis. Hy steek sy skerp bekkie tussen die gordyne in, staan met sy voorpootjies op die lae vensterbanke en kyk uit. ‘n Vinnige draai op die patio net om gou been te lig. Nee wat, alles lyk rustig.

Dis amper middernag. Mensmamma en Menspappa slaap reeds vir amper 2 ure. Die volgende oomblik hoor hy Doef! Onmiddellik begin hy hard en waarskuwend blaf. Mensmamma en Menspappa spring op. Menspappa storm die gang af agter Dawie aan. Mensmamma loer deur die kamervenster. Daar sien sy ‘n skaduwee in die hoekie van die tuin by die veiligheidsdraad. Dawie-hulle kan dit nie sien nie, hulle is voordeur toe. Mensmamma sien hoe die skaduwee oor die lemmetjiesdraad glip en in die straat af verdwyn. Menspappa kom en hulle gaan met ‘n flits om die hoekie te ondersoek. Ja waarlik, die skelms het hier oorgeklim. Hulle moes seergekry het met die uitglipslag. Dawie grom toe hy die vreemde geur gewaar.

Mensmamma en Menspappa ondersoek die omgewing. Al wat hulle sien wat kortkom, is 3 plastiekkinderstoeltjies.

Menspappa buk af en vryf Dawie se koppie. Hy prys hom. “Mooi so, Dawie! Jy was so dapper en waaksaam. As dit nie vir jou was nie, dan het die skelms verseker al die patiostoelkussings ook weggedra. Jy is net die beste!”

Dawie se hartjie klop trots. Sy stertjie swaai van liefde. Hy blaf en woooooeeee en brom van opgewondenheid. Sy mense en hulle huis is veilig. Hy het sy roeping vervul.

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

2 thoughts on “Dawie is waaksaam

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website with WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: