Design a site like this with WordPress.com
Get started

Dis nou jou beurt om te vertel: #2

Dis nou jóú Beurt!
Die Goue Vroue is ‘n handjievol Suid-Afrikaanse vroue – oud en jonk – wat lief is vir skryf.  Ons is geanker in die werklikheid maar spoor mekaar met bloguitdagings aan om te fantaseer.  “The Talking Stick” dien in hierdie geval as inspirasie tot wonderbaarlike stories…elke Goue Vrou kry haar beurt.  Hierdie rondte pak ons in alfabetiese volgorde aan.

Dit werk so: as jy die praatstok vashou is dit jóú beurt! Jy praat en die ander moet luister sonder om jou in die rede te val. As jy klaar is met jou storie, gee jy die praatstok vir die volgende persoon aan. (Hierdie konsep is deur Stephen en Franklin Covey in hulle kursusse tot meer effektiwiteit benut om empatieke luister te bevorder).

Volg hierdie skakel as jy ons Goue Vroue se stories in volgorde wil lees:
https://fresh.inlinkz.com/party/fe16b378ba494670a41c59177986b352

***********************************************

Aalsie gee die praatstok aan na Appeltjie. Sy vou haar hande om die praatstok. Voel die hitte van die hout waar Aalsie dit vasgehou het. Sy streel oor die gladde hout, kyk na die wysheid wat uitgestraal word deur die eenvoudige figuur en weet net: hy sal hoor en verstaan, nie veroordeel of lag nie. Maar wat om te vertel?

En ek weet. Ek moet vir myself lag. So, praatstok, hier gaan ek.

Ek is nie rigtingvas nie. Geheel en al glad nie. Om die waarheid te sê die familie raak benoud as ek iewers heen moet ry vir die eerste keer. Aanwysings soos noord en suid is Grieks en as ek vinnig moet besluit tussen links en regs, is die kanse goed ek kies verkeerd.

So gaan kuier ons saam met Skoonsus op Yzerfontein. Dis lieflik langs die Weskus en ek wil gaan stap. My dogter keer: “Mamma maak net seker waar Mamma moet draai. Die Weskus is lank.” Vol selfversekering begin ek stap. Draai so ‘n paar keer om om seker te maak dat ek met die terugkeer die pad sal kry. Dis immers hoe ek weet by ‘n Mall se parkeerplek waar my kar is, anders is ek verlore.

Onder by die koue see swem daar sowaar mense. Dus gaan staan ek ook in die kouete, laat my voete daaraan gewoond raak net om te kan sê ek het dit ook gedoen. Ek stap vir ure op die strand. Sien waar die see ‘n groot stuk wal met ‘n restourant daarop, teruggeëis het. Net ‘n enkele pizza oond het daarvan oorgebly.

Met die terugkeerslag neem ek baie beslis die stel trappies vanaf die see tot bo by die pad. Ons het mos vroeër hier opgestap. Volgens my moet die huis nou 2 strate op en aan die linkerkant wees. 2de laan. Maklik.

Nê?

Ek stap en stap en begin later dink dat as mens moeg is, ‘n pad darem baie lank raak. Niks aan my linkerkant lyk egter bekend nie. En toe staan daar “3de laan” op die straatbord.

Nope, dit kan nie wees nie, ek het nie ‘n 2de laan gesien nie. Maar ek draai om. Ooglopend het ek dit gemis.

Terug tot onder by die see, draai om en begin stap weer. Met dieselfde gevolge. Ek raas met myself. Regtig Adri? Jy het ‘n slegte sin vir rigting, maar hoe kan jy op ‘n reguit pad verdwaal? Jy stap nou al ‘n halfuur op en af. Hoe kan jy nie die 2de laan bord kry nie?

Maar nêrens in die lang straat is daar so ‘n bord nie. 1e laan en dan 3e laan. Ek besluit later om maar op te stap tot in 3e laan, regs te draai en te stap tot ek iets sien wat bekend lyk. Ek stap tot op die volgende hoek tot waar ‘n straat afdraai see toe. En ek besef, dis die straat waarin die huis is. Dis die straat wat ek moes vat van onder van die see af. Ek het te gou van die sand af opgeklim. Ek draai af en 1 straat verder, voila, daar is 2de laan met die huis op die hoek.

Die verligting was groot en my dogter was verlig om haar ma terug te hê. Sy was gereed om ‘n soektog uit te stuur.

Maar waar het 2e laan heen verdwyn?

Nee, sê Skoonsus, dis seker hoe die ou dorpies werk. 2e laan loop dood teen ‘n huis aan die regterkant, met geen ingang vanaf die straat aan die anderkant nie.

So my verdwaal was dus nie heeltemal my skuld nie.

Seegogga, vat die asb die praatstok aan. Wat wil jy ons vertel?

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

28 thoughts on “Dis nou jou beurt om te vertel: #2

    1. Ek het myself geleer uit nood om iewers n vaste punt te kry sodat ek kan uitkom as ek verdwaal. Die snaakse het erbdag febeur. Rk en Madelé moet haar dogter by Arts Cape kry. Ons gesels so dat ons die afdraai mis. Madelé bestuur. Ek sê ek reken as ons net links hou sal ons weer kan terugklim op die regte paf. Net toe bel haar ma en vra waar ons is. Ewe ernstig sê ek ons is op pad Arts Cape toe, niks van verdwaal nie!!

      Like

      1. My dogter issó gewoond daaraan dat ons wel op die ou end op die plek uitkom, al is dit nie noodwendig die algemene pad wat ons ry nie. 😁

        Like

  1. Ek hou nogal goed rigting, maar o wee, daar is ń dorpie met die naam Ubut. Una jy mag nie lag nie, klein klein dorpie. Ek het meer as een keer in my tjops verdwaal. So dat ek benoud begin raak het.

    Liked by 1 person

  2. So daai rigting ding. Liewer jou-kant-toe en my-kant-toe, soontoe, daardie-kant of hierdie-kant.
    Maar noord op die aardbol is suid en noord ook op sy kop gedraai Vir my.
    Maar my voete vind darem altyd my Huis.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: