Maandag=Wasdag 11: Vrywillige naastehulp

Scrapydo plaas hierdie uitdaging.

Naastehulp is iets wat ek by my ma en pa gesien het. Dis maar net wat hulle gedoen het vir solank as wat ek kan onthou. Ek het dit voortgesit en my dogter, sien ek nou, het dit ook al gedoen.

Om te help waar jy kan bring net bevrediging. My ouers het my en my babadogtertjie vir 18 jaar verniet in ‘n huis laat bly. Ek het vleis gekry, ‘n kar toe ek uit myne bedrieg is. So ek het aanvanklik slegs tyd gehad om te gee.

Tydens een van die vloede in die Bredasdorp omgewing, is die werkers van die ouetehuis afgesny van hul werk. Ek het net oorkant die tehuis gebly. Daarom besluit ons twee ons gaan daar help. My dogter het ook ‘n maat of twee gelui wat kon kom help. Ons het in die kombuis aartappels en wortels geskil. Van die ander meisies het gaan help kos uitdeel en later ook verswakte inwoners gevoer. Ek kon ook my tannie wat in die tehuis was, en haar kinders was ver, dorp toe neem. Sy wou nie saam met die bussie ry nie want hulle wou nie na die plekke toe gaan waar sy wou wees nie. Dus het ek 1 oggend in ‘n maand vir haar gaan haal en haar geneem na waar sy wou wees. Al was dit na die skoenwinkel waar sy gaan skoene aanpas het, al kon sy dit nie koopnie. Vir haar was dit die vryheid om te besluit waar sy wou wees en wat sy wou doen.

Ek staan in die apteek op Bredasdorp (jare gelede). Daar staan ‘n jong vrou by haar ouma. Ouma se bene is vol spatare en sy praat swak. Dis warm. Ek hoor sy sê: Ouma, kom ons moet begin stap, die taxi kom nou-nou. Ek bied aan om hulle taxi staanplek toe te ry. Toe ons daar kom, sien ek die bankie is afgebreek en geen taxi is in sig nie. Nee, sê die jongmeisie. Die taxi kom sodra die taxi kom. Enige tyd. Ek besluit ouma kan nie so lank staan nie. Kan ek julle huis toe neem? Daar is trane in die jongvrou se oë. Ek neem hulle weg. Kilometers ver na die informele woongebied. Die straatjie is van grond en vol gate, maar voor ‘n netjiese opslaanhuisie met skoon mure en ‘n lieflike tuintjie laai ek hulle af. Hier is liefde en sorg sigbaar. My hart het oorgeloop vir lank.

Dis eers toe ek my volwaardige salaris verdien het, kon ek ander finansieel help. Ek het maandeliks bygedra tot ‘n behoeftige meisie se leefonkoste tot haar beurs deurgekom het. Ek en my sussie het my broerskind gedra vir 2 jaar tot haar beurs deurgekom het. As ek klere het wat moet uitgehaal word, gaan dit opgevou na een van ons skool se werkers. Tans dra ek en my geliefde ‘n ou man finansieel tot sy pensioen deurkom. Maar dis in die vorm van tuinwerk. Hy is eintlik nie meer sterk nie, maar bietjie ronddra, bietjie vee, bietjie wegdra, bietjie onkruid uittrek, karre was beteken hy kry een keer ‘n week ontbyt, middagete en aandete. En rookgoed (maar dis nie ek nie).

Elke keer as ek my kind kan help, dan dink ek aan my ouers wat my gehelp het tot ek weer op my voete kan kom. Die wiel het sy volle sirkel geloop en weer begin draai.

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

2 thoughts on “Maandag=Wasdag 11: Vrywillige naastehulp

  1. Dis baie bevredigend om so te help. Ek het ook n seun gehad wat Saterdae in tuin gehelp het om n laar rand te verdien om huistoe te neem. Hy het jare by my naweke kom help. Sy huisie was ook netjies versorg. Het hom my seun se fiets gegee omdat syne nie meer rybaar was nie. Hy was baie dankbaar want die fiets was al vervoed wat hy gehad het.

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website with WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: