Dit is wat dit is

Ek luister 2 weke  gelede  na RSG waar Antoinette praat met Amore Bekker op haar oggendprogram Alhoebekker.  Antoinette vertel van haar bejaarde mamma wat in die ouetehuis moet intrek en hoe hartseer sy daaroor is dat sy nie kan gaan help nie.  En sy eindig met die woorde:  soms is daar dinge waaraan jy niks kan doen nie.  Aanvaar dit.  Dit is wat dit is. 

So luister en lees ek hierdie waarheid meer en meer raak.  Ek kan nie meer my kleinkind optel nie as gevolg van my  seer arm.  Dit is wat dit is.  Ek moet vir die 4de keer ‘n operasie kry op dieselfde plek as gevolg van interne littekenvorming.  Orrel speel en tuinwerk is daarom pynigend.  Dit is wat dit is.  Die bliksems wat my ring gesteel het en die daaropvolgende sms vanaf die polisie:  alle leidrade is opgevolg.  Die saak is gesluit.  Dit is wat dit is.

Dit is wat dit is.  Raak gewoond aan die feit dat daar situasies in die lewe is wat buite jou beheer is.  Kies dat dit jou nie so ontstel dat jy slapelose nagte daaroor het nie.

Want dit is wat dit is.

Maar ek is ‘n doener, so wat doen ek?  Ek aanvaar die onvermydelike en vervang dit met ‘n nuwe iets.  Ek begin blog.  Neem foto’s.  Verf my tuinpotte.  Begin met vetplante in my tuin in plaas van struike. 

Nou is my Dit Is, ‘n aangename Dit Is.

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

17 thoughts on “Dit is wat dit is

  1. Dit is beslis soos dit is. Ek kan nie meer op my kniee in tuin werk nie. Nou moet bossies maar geniet om te groei. Sal maar iemand moet betaal vir tuinwerk wat ek eintlik graag self sou wou doen. Dis is dan maar so. Bly jy het n ander manier gevind om tog iets te doen.

    Like

  2. My hande is te seer om groot goed te hekel of brei. Nou mazk ek kleiner goed. Dit is wat dit is. My krag in my handd is min, dis frustrend om elke keer my man te vra om iets oop te draai, maar dankie tog hy is daar. So het elkeen van ons daardie dingetjies wat jy moet laat gaan.

    Like

  3. Hoe sê Sharayu: Attached to nothing, connected to eveything. So mooi, so moeilk want ons almal dink nog ons beheer dinge. Bly jy voel so Appeltjie, dis ‘n goeie plek om te wees🌻🌻

    Liked by 1 person

  4. Dit is net die beste om jou volle gewig te gooi agter iets wat lekker is en wat mens kan beheer. liefde

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website with WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: