Maandag is Wasdag: eina

Hierdie is my bydrae vir Scrapydo se skryfuitdaging van verlede week.

Eina is seker een van die eerste woorde wat n klein kindjie leer.  Ek kan goed onthou hoe ek my dogtertjie geleer het:  oppas, dis eina.   Het my liefie ‘n eina?  Kom Mamma soentjie die eina. 

My dogtertjie het voedselweerstande gehad.  Daardie woord het ek geleer toe sy 4 jaar oud was.  Tot op daardie stadium het my lewe bestaan uit koors, medisyne, huil van 11uur tot 4 uur in die nag, maagpyn en ‘n kind wat sleg geëet het.  Om haar aan die slaap te kry en te troos het sy meesal in haar stootkarretjie langs my bed geslaap, met my hand wat dit roer as ek aan die slaap raak en my hand wat roer as ek wakker word.

Een nag het sy verskriklik gehuil van maagpyn.  Die volgende woorde het my gebreek:  Mamma hoekom moet my magie so pyn?   Ek het uit moedeloosheid my hand op haar magie gesit en hardop gebid.  “Here, hier is ‘n klein kindjie wat nie verstaan waarom sy so pyn moet hê nie.  Ek het alles gedoen wat ek menslik moontlik kan.  Neem asb hierdie pyn weg sodat ons kan slaap en môre weer die pyn kan aanvat.”  Toe vra ek haar – glo jy dat Jesus jou pyn kan wegvat?  Toe sê sy ja.  Oomblikke later voel ek hoe die spanning uit haar lyfie verdwyn en sy aan die slaap raak.  Hierdie nag het haar ‘n onwrikbare gelowige gemaak.

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

6 thoughts on “Maandag is Wasdag: eina

    1. Kort na sy 4 geword gef, is sy by n homeopaat getoets. Suiwel en gluten en grondboonbotter en sitrus was haar voedselweerstande. Gifstowwe bou op die maag en veroorsaak pyn, siektes. Dit het met behandeling na jare verbeter. Maar die maagpyn het na 3 dae opgehou.

      Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website with WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: