Kwaad

Ek’s kwaad en hartseer en ontsteld. Ek voel binne gedring, gevandaliseer. My emosies hardloop op en af. Want ek het nou ook deel geraak van misdaad.

Ek en Geliefde gaan kuier by sy kinders vir die paasnaweek. Ons hou nagmaal by hulle. Sondagoggend gaan ons saam kerk toe. Ek hoor raak dat Egipte die land van moord, geweld, towery, afgodery is. Hoe God sy mense daar gesit het om hulle sterk te maak. Ek leer dat die grootste fout wat die duiwel gemaak het, die moord en kruisiging van Jesus was. Hoe in sy plan om God omver te gooi, hy reg in God se hande speel deur die mensdom te oortuig om Sy Seun Jesus te kruisig.

Ek weet dat Jesus se offer ook bedoel is vir enigiemand wat sy sonde bely.

Maar nou is daar by my ingebreek. Met die intrapslag sien ek hoe verniel is die voordeur. Die veiligheidshek is met ‘n koevoet gebuig totdat die skuiwer verby die muur getrek kon word. Daarna die voordeur.

My huis binne is onbeskadig. Die paar wynbottels is nog in die yskas. Al die vleis is nog in die vrieskas. My tvskerm wat lyk soos ‘n rekenaarskerm is weg. toe is hulle af in die gang na my badkamer toe waar daar nog 1 sak is wat ek nie uitgepak het nie. Onderin die sak was die handgemaakte juwele kissie van my pa. Elke dogter in sy gesin/familie het so een gekry. Onder die vals laaitjie, in ‘n ander handgemaakte kissie, binne-in die houertjie is my geërfde halssnoer van my ma. Goue ketting met ‘n groot pêrel en 2 klein robyntjies rondom. Dis nou gesteel.

Ook my verloofring wat my dogter vir haarself laat herset het, is weg. die ring was haar oumagrootjie s’n. Dis nou gesteel.

Ek is kwaad vir bliksem wat geweet het waarna om te soek en waar om dit te gaan soek. Ek is kwaad vir die bliksem wat my gedwing het om mense se name te noem wat ek vermoed wat kon weet waar die juwele was. Ek is kwaad omdat ek nou mense wantrou. Wat ek nie voorheen gedoen het nie.

My huis was veilig. Maar dis nou oopgebreek, besoedel.

Ek leef nou in my Egipteland. Die plek waar God sy mense geplaas het. Hy het hierdie huis vir my gegee. Satan is woedend omdat dit met my goed gaan, omdat ek nagmaal gebruik het op ‘n plek waar ‘n dominee dit nie gedoen het nie. Omdat ek my geloof uitleef tussen mense wat ook glo, maar wat my nog moet leer ken.

Mag ek net sterker anderkant uitkom. Ek seën my huis in Jesus se naam. Ek sal rustig slaap vannag.

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

18 thoughts on “Kwaad

  1. Ag nee! So jammer te hoor. Die tv is vervangbaar, die juwele nie. So hartseer vie jiu. Dit gasn nue oir geld nue, maar sentiment. Ek hoop die polisie kry dit. Enbja dis hartseer, maar mens kan nue meer vertou nie

    Liked by 1 person

  2. Appeltjie! Dis ‘n ramp.Dit het my ook een naweek getref. Erg! Nou dra ek net ‘n goue troupand en twee goue oorbelle. Verby met sentiment. Dis die sielkundige nadraai van so ‘n gestroopte ervaring. Arme jy.

    Like

  3. Ek is so jammer om hiervan te hoor, Appeltjie!!! Mag die inbrekers vinnig gevang word, maar veral, mag julle vinnig deur hierdie trauma kom.❤

    Like

    1. HIerdie een het geweet presies waar en wat. Dit was ‘n inside job en ek het name genoem aan die speurder. ek begin nou ophou jammer voel dat ek dit gedoen het, want niemand anders het geweet van die boksie en die spesifieke plek as die mense wat in my huis was nie.

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website with WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: