“”Kyk diiiiiiiiiis September weer, Lenteeeee is in ons land……” sing Appeltjie vrolik. Dis September en haar verjaarsdagmaand. Kleintyd was ‘n verjaarsdag ‘n Ding in haar ouerhuis. Soggens is jy wakker gesing. Mamma kon mooi sing en al haar kinders het dit in ‘n mate geërf. Pappa se effens ongeoefende tenoor stem het hulle mooi ondersteun. Jy kon kies wat jy wil eet die heeldag en die ander moes daarby inval. Die verjaardagpresentjie (wat jy kon meesal kon kies) is op die bed neergesit vir oopmaak. ‘n Baie spesiale dag.
Met Lentetyd het ook somerpoedings gekom. Appeltjie en haar sussie was die poedingmakers. En die gunsteling? Lemoenjellieskuim poeding. Die maklikste onder die son om te maak.
2pk 80g lemoenjellie. Maak dit aan soos op die pakkie gestel. los op in 225ml kookwater/pakkie en voeg 225 ml yskoue water/pakkie by. Laat afkoel, maar nie gestol nie. Oornag moet ‘n blikkie idealmelk afkoel. Klip dit styf en roer dan die afgekoelde jellie daarin tot dit lig en donsig is. Gooi in ‘n bak en hou in die yskas tot dit geëet word. Dit werk ook lieflik in individuele glasbakkies, randte gedoop in droë jelliepoeier. Heerlik.
Soms is die aangemaakte jellie met ‘n blikkie kondensmelk opgeklits. Dan het dit so ‘n effense soet afsaksel op die bodem gemaak met skuim bo-op. Net so lekker.
Appeltjie wens sy kon teruggaan na jare gelede en ‘n foto neem van die mooi gedekte Sondagmiddagtafel met die poedingbakkies.

Opgewonde roep sy die Goue Vroue. Op die meenttafel in Rebusfontein het sy ‘n ligte tafel gedek. Elke Goue Vrou het haar eie bakkie met jellieskuim poeding. Bekers vrugtepons met ‘n verskeidenheid alkoholiese bykomstighede wat verseker die Goue Vroue se oë gaan laat skitter, staan versprei op die tafel. Lemoenbloeisels versprei ‘n soet geur deur die lug.
Hier gaan die middag vrolik raak. September is die mooiste, vrolikste maand.
lees die ander kalenderstories van die Goue Vroue by die volgende link: https://fresh.inlinkz.com/party/e510564f63d7492b9d9a4654518443af
Jou ma kon mooi sing.Ek het haar al gehoor in die kerk!
LikeLike
Is so. Sy het ‘n sterk mezzo sopraanstem gehad. Ons het ons musikaliteit by haar geërf.
LikeLiked by 1 person
Yep, ons Mamma het seker gemaak elke kind dink hy/sy brief s die gunsteling. Heeljaar!! Wonderlike herinneringe. 🙂
LikeLike
En sy het ons ook nooit met mekaar vergelyk nie. En sy het ons geleer hoe om ‘n vloeistof te klits tot puntstyfheid.
LikeLike
PragtigAppeltjie!
LikeLike
die poeding het my ver terug geneem na my kindertyd
LikeLiked by 1 person
Die poeding was heerlik, dankie Appeltjie! Dit het my so lekker teruggeneem na ons kleintyd toe.
LikeLike
Het jy dit gemaak? dit is lekker nê?
LikeLike
🎶🎶🎶Dis heerlike lente, die winter is verby……🎵🎶🎵🎶
LikeLike
…..weer nodig die velde vir jou en vir my
LikeLike
Ek ken daai poeding, ons het baie gemaak. Ook beskuitjies gebruik om dit in ‘n yskastert te verander.
LikeLiked by 1 person
Lekker bly lekker
LikeLiked by 1 person
Elke keer.
LikeLike