Anatoth Maart 2021

Ek wil dit met almal deel. Verlede naweek was ek op ‘n vroue retraite tussen Stellenbosch en Kuilsrivier – Anatoth. Ons het bekyk wie God is deurdat ons Sy Seun Jesus bekyk het. Wat ‘n ervaring so voor Paasfees. Op die 4 hektaar plot is daar ‘n boord olyfbome en ‘n paar rye hanepoot. Simbole wat in die bybel voorkom. Met die beligting soos wat dit is, kon ek hierdie lieflike skadufoto’s neem.

Die omgewing het hom geleen tot lieflike foto’s. Ek het liggies “trigger-happy” geraak. Die aandlug was lieflik en die son het saamgespeel met strale en halo’s en al.

die celtic circle in die voorgrond
aandlug weerkaatsing oor die dammetjie
oral was daar plek vir die son om wegkruipertjie te speel.

My grootste oomblik was toe die visarend bo-oor my vlieg, dit het gevoel of ek aan hom kan raak. Hy was op pad na sy nes toe, met ‘n takkie in sy bek. Die grasieuse vlieënde voël is vir ewig in my gedagtes vasgelê. Ek kon die nes afneem. Kyk ‘n derde van bo af, die donker kol. Dit is so goed gekamoefleer dat ek na die tyd nie weer kon kry nie.

visarend se nes

En uiteindelik, na vele probeerslae, kon ek ‘n redelik duidelike foto kry van Tafelberg. My eie eerste.

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

8 thoughts on “Anatoth Maart 2021

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website with WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: