Die Goue Vroue pak ‘n splinternuwe uitdaging aan. Dis nou, so tussendeur hulle avonture op Rebusfontein en dan is daar boonop die maandkalender waar elkeen foto’s met ‘n storie skryf. Maar hierdie, HIERDIE IS DIE ONTKNOPING VAN ELKEEN SE DIEPSTE HARTSGEHEIME.
Diep in die hart van hierdie geel bladsye vesonke lê die geheim opgesluit.
Nie eens onsigbare ink of kodifisering verbloem die geheimenisse nie. Elke vrou het haar ontblote geheim versigtig uit hierdie boek verwyder…uitgesny!
Met net mooi genoeg provokasie sal elke vrou dalk, ja dalk tóg! een vir een hulle bladsye terugskryf sodat die leser kan agterkom HOE en WAT en HOEKOM elkeen in haar eie reg geluk gevind het.
San het die boek vir my gebring. Lees die Goue Vroue se geheime op
https://fresh.inlinkz.com/p/567e0dbec3284abbacab09e8d73f276e
***************************************************************************************************************

Met San se aankoms met Die Boek onder die arm, kyk sy en Appeltjie mekaar eers diep in die oë. Om te vergewe is nie maklik nie, maar dit maak die las ligter. San stap verder. Die Boek gaan rus op die eetkamertafel.
Toe dit tyd is, dink Appeltjie ver terug. Sy onthou en begin skryf.
Appeltjie sit voor haar boekrak. Onlangs het sy en haar dogter getrek na ‘n ander dorp en die bokse staan nog die hele woonstel vol. Nou moet dit uitgepak word. Vandag is die boekrak se beurt. Sy glimlag oor die kinderboeke wat haar dogtertjie opgelees het. Sy voel opgewonde oor die orrelboeke wat hul nuwe blyplek regs onder kry. Resepteboeke kom links onder, langs al die Nora Roberts liefdesverhale.
Dan kom die laaste boks. Buite-op staan: albums. Vinnig pak sy uit. Die ou familie-album wat sy gegaps het toe niemand anders dit wou hê na Pappa se dood nie. Haar dogter se twee kleinkindjie albums. Albei kry ereplekke.
En dan, amper heel onder, lê hulle. Spierwit troualbums met buiteblaaie waarop trouklokkies pryk. Onskuldig. Met soveel hartseer daarin opgesluit dat sy dit nie eers wil oopmaak nie. Sy sit dit vinnig eenkant toe. Haal die laaste een uit. Nog ‘n album met foto’s van wat veronderstel was om ‘n gelukkige tye in haar lewe te wees. Op bladsy een kyk sy na die nog opgewonde pasgetroude jong vrou met sterre in haar oë. ‘n Paar foto’s later skyn die ontnugtering deur. Appeltjie word kwaad toe die seer weer in haar kom plek maak. Vinnig skeur sy die blad uit, gooi dit terug in die boks waarvandaan die album so pas gekom het. Toe bars die damwal. Die foto’s word een-vir-een bekyk, geweeg, te swaar bevind en in die boks gegooi. Die mislukte wittebrood foto’s. Die troeteldiere wat een-een doodgepik is deur die slange op die plaas. Die oënskynlike gelukkige groepfoto’s van pêlle wat naweke kom drink het. Foto’s van ‘n tuin wat net nooit goed genoeg versorg was nie. Later is gooi nie genoeg nie. Dit word eers geskeur in stukke. Met al die aksies vloei die seer, die vernedering, die kwaad uit deur haar hande. Was die huwelik dan nie veronderstel om ‘n heilige band tussen man en vrou te wees nie? Een van wederkerige liefde, versorging, respek? Waarom moes sy dan soveel vernedering, skeldwoorde, vereensaming verduur? Tot die troualbum ontglip nie haar argwaan, haar loutering nie. Die wit trourok wat haar simboliek was en ook mee gespot is. Sy pluk die vergrotings uit, skeur op, gooi weg. Met die laaste foto uit die wit album voel dit of daar ‘n berg van haar skouers af is.
Maar net opskeur en weggooi, is nie genoeg nie. Dis nog ‘n band in haar huis wat haar vasshou. Buite in die vuurherd is baie plek. Net gou brand die foto’s terwyl die wêreld vol swart rook en ‘n bitter stank is. Tekenend van dit wat die vuur besig is om te verskroei. Later kwyn die vlamme toe die laaste stukkie foto in as verander. Sy laat gaan die foto in haar hart van ‘n sprokieshuwelik wat nooit moes plaasgevind het nie.
Sy laat hom daarmee saam gaan. Doen vergifnis, soos die Woord dit vra.
Die rook is eensklaps weg, die lug skoon. Soos haar hart. Skoon. Rustig. Lig.
Met baie plek om deur liefde gevul te word. Die Goue Vroue sug behaaglik. Hulle onthou hoe Appeltjie liefde gevind het. Toortsie se Neef het behoorlik die mat onder haar uitgeruk. Almal hou van ‘n gelukkige einde. Later sal sy vir San en Sonell vertel.
Met nog ‘n bladsy wat vol letters verskyn in die Goue Vroue se boek, skuif die ander bladsye op, maak plek vir nog ‘n seer wat moet heel, Seegogga, wil jy ons vir jou storie vertel?
Hartseer, maar met ń goeie einde, Appeltjie.❤
LikeLiked by 2 people
En dit het my dinge van myself laat ontdek wat my die ek van candag maak
LikeLike
Appeltjie, jy het dit baie goed hanteer. Nou is dit uit jou lewe uit. Jy is reeds op ‘n nuwe pad. Mag jy baie, baie gelukkig wees.
LikeLiked by 2 people
Kan nie wag dat jy vertel hoe die nuwe liefde gevind is nie! ❤
LikeLiked by 1 person
Dit was deel van die heel eerste deelname aan die destydse towerinne en die VVVTT. My eie sprokie.
LikeLike
Kan ek dit iewers lees?
LikeLike
Ek soek gou die name vir jou.
LikeLike
Musica https://appeltjie.wordpress.com/2020/07/25/musica/ EN Musica en Neef
https://appeltjie.wordpress.com/2020/07/25/musika-en-neef/
LikeLiked by 1 person
Baie goed geskryf aan ‘n manier om seer weg te maak. Dit is presies net so, as mens by vergifnis kom, kan jy die persoon uit jou kop haal. Hy betaal nie huur nie, hy moes gegaan het. Ek het die liefdespad so saam sien groei, mag julle baie, baie gelukkig wees.
LikeLike
Baie dankie. Ons is reeds. Covid het ons saam geforseer en ons is seker van mekaar
LikeLiked by 2 people
Ek stem saam, julle het die regte besluit geneem. Mooi covid verhaal.
LikeLiked by 1 person
Appeltjie, dank Vader die wiel het gedraai. Ek glo nogal sekere intense ervarings berei mens voor vir begrip in ‘n volgende liefdesverhouding. So dankbaar die seer is iets van die verlede.
LikeLiked by 2 people
Sjoe jy is braaf om die goed so op te skeur en weg te doen. Ek het baie swaar gekry om van baie ontslae te raak. My trekkery hierheen het gemaak dat ek van baie ontslae geraak het. Ongelukkig het ek nie al die skryfsels en fotos weggedoen nie. Het selfs op n stadium ons troufotos opgehang. Fotos opgehang terwille van my kind en kleinkind wat dit maar mag sien. Dis maar van die dinge wat mens moet verwerk.
LikeLiked by 2 people
Dit get my gebind aan hartseer goed.
LikeLiked by 1 person
Ek besef dit en noudat jy dit nie meer het nie kan jy ook nie terug blaai nie wat ook goed is.
LikeLiked by 2 people
Presies.
LikeLiked by 2 people
‘Appeltjie’ sug Toortsie ❤️
LikeLiked by 2 people
Ai, so hartseer. En nou is dit hopelik uitgeskeur . Sjoe ek stem . Jy het baie moed. Mag die nuwe bladsye skoon en glad wees, met drome, blommetjies en hartjies op
LikeLiked by 2 people
Onthou julle nog Emile Minnie se tafereel oor Rietfontein se dam?
LikeLike
Nooooo?
LikeLike
Google bietjie ‘Rietfontein Emile Minnie’
LikeLike
Soms is dit nodig om fisies dinge uit jou lewe te haal, op te skeur en verbrand om jou binnemens te laat heel word. Nou is dit net mooi en skoon vir die pad vorentoe
LikeLike