Liefde oraloor

Ek en My Geliefde bly lekker in ons nuwe huis. Die kinders kom kuier om te braai en swem. Myne en Syne. Ek voel geseënd. Gister het my dogter en haar gesin gekom om oor te slaap. Kleinkindbabatjie is nou 1 jaar en stap die wêreld rond op haar wankelrige beentjies. Probeer aan Dawiehond vat, haar vinger in sy ogies druk. Hy skram weg, wil haar nie seermaak nie, maar wil ook nie ‘n vinger in sy oog hê nie. Gisteraand gaan slaap sy moeilik want mamma se kind soek haar eie bedjie en sy was ietwat olik.

Vanoggend draai die gety. Sy en Dawie vind mekaar. Dawie is ‘n Yorkie, lief vir kinders. En hierdie kindertjie is nou groot genoeg dat sy kan speel, so besluit hy. So toe sy weer naderkom om sy haartjies te vryf, praat hy met haar, ruik aan haar en gee ‘n draffie. Lok haar uit vir ‘n bietjie speel.

Sussie lag. ‘n Borrellaggie. Dawie draai in die rondte, swaai sy stert en Sussie lag weer, ‘n bietjie harder. En so gaan dit aan. Dawie hardloop volspoed om die bank, tjank, roep, blaf en speel wegkruipertjie. Sussie lag hardop uit haar magie en hartjie uit, klap die handjies, skop met haar beentjies, wip haar koppie. Haar pappa kom kyk, neem ‘n video. Haar mamma skud haar kop, dit het sy nog nie gesien nie.

Maar die tweetjies? Hulle het mekaar gevind. Albei is doodmoeg gespeel.

En nou is albei vas in die slaap. Die kleine liefmensie in haar mamma se arms, die hondjie langs sy menspappa op die stoel.

Liefde oraloor.

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

10 thoughts on “Liefde oraloor

    1. dit was te mooi vir woorde. Maar toe sy later die oggend weer vir Dawie wil laat speel, het sy alles probeer, maar hy wou van niks weet nie. Alle hardloop was op ‘n stokkie. toe haar mamma haar later op ‘n plat matrassie neerlê met ‘n bottel, het hy egter onmiddellik langs haar gaan lê vir ‘n oppas oomblik. Te mooi vir woorde.

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website with WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: