Bloguitdaging: Kies ‘n foto uit jou album. Skryf die storie daaragter op jou blog en hierdie skakel in die artikel sodat ek daarvan weet. https://christavanstaden.com/2021/02/22/bloguitdaging-foto-storie-1/ Of deel die skakel daarna in die kommentaar van hierdie artikel. Dit kan in Afrikaans of Engels of ‘n ander taal wees. Die fokus is op die storie en nie noodwendig die gehalte van die foto nie. Soms kom die foto swak uit, want daar is ‘n storie agter die foto wat dadelik onthou word

En hier is ek, in ‘n kort rokkie.
Dis so glad nie ek nie. Ek het altyd geswem in ‘n eenstuk swembroek. My rokkies se some was altyd naby my knieë. Ek was skoolhoof by ‘n privaatskooltjie in Agulhas vir 8 jaar en daar moes ek darem my “status” ietwat bewaar met die kleredrag, wat nie lae halslyne en baie been ingesluit het nie. Nie dat ek ooit my girls ten toon stel nie.
By my nuwe skool waar ek in 2009 begin werk het as Departementshoof, moes ek ook gou my persoonlikheid wys. En dit was beslis een van planmaker, probleemoplosser. Jou kleredrag se bo- en onderlyne moet beslis nie die seuns se oë laat dwaal nie. En ja, soms moes ‘n nuweling of andersdenkende dame hieroor aangepraat word.
En toe verjaar ek. Daardie oggend besluit ek, ek gaan iets doen wat totaal buite my normale is. In my kas is hierdie lang hemp/rokkie. Eers trek ek dit net so aan met die booties. Trek kleinkoppie en pluk die lang kousbroek aan, steek die onderkante weg in die boots. Beld om die lyf, rooi Meltbaadjie en siedaar! Eks gereed vir die uitdaging.
In die skool begewe my moed my egter. In plaas van werk in my kantoor tot die personeel opdaag skuins voor aantreetyd, gaan kruip ek weg op my stoel. As ‘n gelukwensing aankom, het grasieus bly sit, tot iemand my optrek om ‘n drukkie te gee. En onmiddellik trek die ruising deur die vertrek, kyk Adri se rokkie! Met die uitstapslag moes ek maar my kop oplig, saamlag en my keuse vir dag uitleef.
‘n Wonderlike dag. Maar nooit weer nie.
Ag dit is nou ‘n lekker storie. Ek het altyd vir my verjaarsdag vir myself ‘n nuwe uitrusting gemaak. En dit die dag skool toe gedra. Somersklere, al is dit soms in Augustus steeds baie koel in Welkom. Dit kon nie ‘n winterspakkie wees nie, moes somer wees. Jy lyk pragtig, kan dit gerus meer male doen.
LikeLiked by 1 person
As ek sulke mooi bene gehad het, sou ek net kort rokkies dra!
LikeLiked by 1 person
😊
LikeLiked by 1 person
Met sulke mooi bene mag jy maar
LikeLiked by 3 people
Jy lyk so mooi en fyntjies. Té pragtig – en dan is sy nog slim ook!
LikeLiked by 4 people
Juffrou Appeltjie! Dit was pragtig!
LikeLiked by 3 people
Laat jy my nou dink aan daai “Rokkies wou sy dra….” liedjie. Jy lyk alte pragtig, jy kan dit regtig maar weer doen hoor
LikeLiked by 2 people
Ongelukkig het almal daarna gekyk! 😄😄
LikeLiked by 2 people