Op pad Rebusfontein toe

Ons is ñ groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ñ dorp ontstaan, Rebusfontein. Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.

Hierdie hoofstuk sluit by ñ menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebus bestaan. Vir ons, en dalk vir jou.

Rebus is ons wegloop-plek, en soms ons wegkruipplek. Maar feite is, Rebus is ONS s’n.

As jy ooit lus is om deel te word, om deel te neem, sê net, en jou droom sal bewaarheid word

My tasse is gepak. My Geliefde gaan op ‘n fietstoer en is heel gewillig dat ek alleen Rebus toe gaan. Op Rebusfontein kan mens wegvlug van die werklikheid af. Laf wees. Vrolik wees. Stilwees. Swem in die meentdam. Koeie verf. Daar is ‘n seekoeitjie wat dink hy is ‘n kalfie, ‘n lemur en ‘n feetjie. Maar Toortsie is te laat as sy dink sy laai my op. Eks klaar in my huis op ons dorpie. Blitz, ons nuwe vervoermiddel, het dadelik gekom toe ek geroep het en nou het hy my klaar afgelaai. Hy wag vir die volgende oproep van ‘n Goue Vrou om te kom help.

Maar eerste dinge eerste. Ek het ‘n draai gestap deur my vetplanttuin. Alles is in orde. Heelwat van hulle het mooi aangeteel en is beskikbaar vir enigiemand wat ‘n stukkie wil hê. Faye, my feetjie, het ingewarrel gekom om vir Dawie te kom haal. Hy het intussen al heelwat gegroei van die babahondjie wat sy laas gesien het. Hy het gehoor van nog ‘n Yorkie wat hier gaan kom woon en hulle is weg om te gaan groet. So met die inwarrel en uitwarrel hoor ek sy vertel van Blommetjie wat so bont ingekleur is. Sy giggel. Weet sy iets wat die grootmense nie weet nie?

Maar voor ek ondersoek gaan instel, wil ek eers my diere gaan groet. Lemmie my lemur van Madagaskar af, swaai rustig in die bome rond saam met die luidier ook genaamd Blits. Hy het hom kom tuismaak op Rebusfontein saam met bromvoël Francis en ietermagog Rocky. Die twee groet my luidrugtig. Dis lekker om so verwelkom te word.

Lemmie, waar is Francis en Seppie?

Hulle is nie hier nie.”

Ek kan dit sien Lemmie. Daarom vra ek waar hulle is.” Vandag se kinders kan ook so letterlik wees. Appeltjie se goue vingers wat met kinders en diere kan toor, werk ooglopend nie vandag nie.

Ons dink hulle het gaan kyk wat met Blommetjie gebeur het. Francis reken daar is onnutsigheid aan die gang en hy wil by die wortel van die onnutsigheid uitkom.” Lemmie is meteens spraaksaam.

Dalk moet ek ook gaan kyk wat aan die gang is. Ek stap verby die waterval, verby die meent waar ons Kersfees fees gehou het tot onder die bome. En wraggies, daar staan Blommetjie. So bont ingekleur soos ‘n voël maar kan wens om te wees. Langs haar staan Seppie, sy bekkie bont van die kleure op Blommetjie se uier. Ek lag dat die trane loop. Francis staan langs die kant, beskou die saak ondersoekend. Danie, Una se bulhond, sit langsaan. Tong hang amper op die grond. Hy is nuuskierig om te hoor wat Francis dink. Of wat Francis voorgee om te dink.

Is hier ‘n komplot? Is hier ‘n onnutsigheid? Is hier ‘n dalk ‘n samewerking tussen ‘n Goue Vrou en die vier-voetige inwoners van Rebusfontein? Is hier dalk ‘n dubbele versteking van die waarheid?

Die tyd en ‘n volgende Goue Vrou sal dalk bietjie meer lig op die onderwerp kan gooi.

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

10 thoughts on “Op pad Rebusfontein toe

  1. Sien jy nou hoeveel diere is hier? Hoe moet ek almal onthou? Solank jy weet wie joune us en ek onthou om na Santie en Blommetjie en Kameel se kat te kyk, us die saak reg.
    Jy het nou ‘n lekker kinkel ingegooi. 😁

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website with WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: