Maandag=Wasdag nr 7: vreugde/plesier

Ek neem deel aan Scrapydo se uitdaging.

Wat verskaf my plesier? Ek kan ‘n lysie maak. My kleinkind wat haar armpies na my toe uitsteek. My Geliefde wat vir my ‘n blommetjie saambring na ‘n fietsrysessie in die berg. Sit op my dek by my nuwe huis en kyk na die onoortreflike uitsig. My Dawie-hond wat histeries blaf sodra ek by die huis kom. Die potjie blomme op my eetkamertafel. Die botteltjie Opium-parfuum wat ek verlede jaar vir Valentynsdag gekry het. ‘n Suksesvolle les in die klas waar die kleintjies saamwerk en nuwe werk verstaan.

Maar tans is my grootste vreugde en plesier my blog. En spesifiek my foto’s. Mense kyk na my foto’s en maak positiewe aanmerkings. My kykersgetalle groei. En dit verskaf my plesier om die raamwerk vir ‘n nuwe foto-uitdaging te lees en daarna vir voorbeelde te soek rondom my. My stories saam met die Goue Vroue sal ek vir ewig onthou. Die VVVTT wat my in aanraking gebring het met die wonderlike nuwe vriendinnekring. Alice in Wonderland. Rebusfontein. My Dawie-hond stories. Ek het vanoggend een vir die klas voorgelees en die ogies was vasgenael.

Ek kry vreugde uit die klein dingetjies in die lewe. Dit maak my ook dankbaar vir wat ek het.

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

7 thoughts on “Maandag=Wasdag nr 7: vreugde/plesier

  1. Mens moet pens en pootjies inval met wat jou hand vind om te doen en voluit gaan daarvoor. Dis die enigste manier om nie later spyt te wees oor enigiets nie, maar om soveel vreugde as moontlik uit elke dag te kry. Ek hou baie van vandag se storie. Like it stukkend.

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website with WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: