Dawie vind sy speelgoed

Die wêreld verander teen ‘n vinnige spoed, ons kleinkinders word met ‘n selfoon en tablet in die hande groot. Hulle draai ‘n kraan oop, kry lopende water, sit ‘n skakelaar aan en daar is elektrisiteit. Sit ‘n TV aan en kyk ‘n storie. En dink selfs oumas is, soos Steve Hofmeyr oor spoke sing, so bietjie dom as ons nie so vinnig met die tegnologie is nie. Maar, daar is baie wat hulle nie weet nie, want ons oumas was ook kinders. En ons kan stories vertel …

‘n Bundel kinderstories uit die pen van die Goue Vroue.

Kliek op hierdie skakel om die ander stories te lees.

https://fresh.inlinkz.com/p/d9a4e9bae6aa4e179beee4acc3690247

Hierdie storie is ‘n selflees vir 8-jariges of voorlees vir enige ouderdom.

Dawie is ‘n hond. Hy is nog ‘n klein hondjie. Hy is maar net 5 maande oud. Hy woon al vir 4 maande by sy mense.

Dawie hou van speel. Hy het baie goed om mee te speel. Hy speel met 2 balle, twee klein poppies van lap, ‘n ou pantoffel, ‘n dik tou, twee ou skoene en die deksel van ‘n blik. Sy speelgoed moet in die wit bak wees.

Dawie stap na sy speelgoedbak toe. Hy kies die dik tou om mee te speel. Hy gryp die tou in sy bekkie. Dan hardloop hy met tou in die huis rond. Hy hardloop met die tou na die tuin toe. Hy skud die tou en gooi dit in die lug. Oeps, daar val die tou in die swembad. Nou kan Dawie nie meer met die tou speel nie.

Dawie stap na sy speelgoedbak toe. Hy kies ‘n groen bal om mee te speel. Die bal rol en rol. Dawie hardloop om die bal te keer. Hy gryp die bal in sy bekkie. Die bal val en dit hop en rol weg. Oeps, dit rol tot onder die bank. Dawie steek sy poot onder die bank in, maar hy kan nie die bal kry nie. Nou kan hy nie meer met die bal speel nie.

Dawie stap weer na sy speelgoedbak toe. Hy kies die pantoffel om mee te speel. Hy trek die pantoffel in die huis rond. Hy skud sy koppie en swaai die pantoffel. Die pantoffel skiet in die lug op en val op die tafel. Dawie is te klein om die pantoffel daar te kry. Oeps, wat nou?

Dawie stap weer na sy speelgoedbak toe. Hy wil nie met die poppies speel nie. Hy wil ook nie met die ou skoene of die deksel van die blik speel nie. Hy soek sy tou, sy groen bal en die pantoffel. Hy sal moet wag vir Nella om te kom help.

Dan kom Nella van die skool af. Nella is 8 jaar oud. Dawie is Nella se hondjie. Dawie wys vir Nella waar is sy speelgoed. Nella gaan haal die tou uit die swembad, die bal onder die bank uit en die pantoffel van die tafel af. Nella praat mooi met Dawie. Sy sê: “Dawie, jy moet mooi speel met jou speelgoed. Eendag gaan al jou speelgoed weg wees. Wat gaan jy dan doen?”

Dawie sit mooi op sy agterbene. Hy lek Nella oor haar wang. Hy is bly dat sy hom gehelp het. Môre sal hy net met sy poppies speel.

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

12 thoughts on “Dawie vind sy speelgoed

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website with WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: