Ons huis: die tuin

Om van my senuwees oor die verf van die huis ontslae te raak, vaar ek die tuin in. Hier is ek in my element. Ons het reeds voor die tyd besluit dat ons nie vreeslik gaan tuinmaak nie. Die bestaande tuin is nog gemaak met baksteenpaadjies en akkertjies uitgepak met klippe. Ek wil alles uit hê, net gras plant en ‘n rustige atmosfeer skep. My vetplantjies kan by die deur ‘n fokuspunt wees, in die ronde bakkie wat in die muur ingebou is.

Agter by die swembad het ons besluit om die akkers weg te maak en toe te plavei. Ek wil die akker teen die muur hê vir my vetplante. Onder al die vertakte plante het ek afgekom op 2 verroeste metaalvoëls. So mooi. Hulle gaan deel maak van die vetplantakker. Verder wil ons tafel en stoel neersit vir ontspanning. Kyk net die uitsig op die berge wat ons het. Al die hoë plante gaan gesnoei word en dan gaan ons ‘n onverbeterlike uitsig hê. Ek gryp die snoeiskêr en begin snoei aan die wildgroeiende takke. Die lyn wat oopkom is pragtig, asook die lang bak wat weggekruip het. Nog iets om vetplantjies in te plant. Na ‘n bietjie verf natuurlik. In die hoekie is dit erg oorgroei. Ek trek en snoei en gooi weg en strek in om nog ‘n klomp sagte takke af te breek, toe hardloop die vet spinnekop vinnig weg, gaan kruip agter die varingblare weg. Nodeloos om te sê, daardie varingblare staan nog daar. Ek wonder waar was sy nes. Ek het niks gesien nie. Maar ek het aangehou snoei tot ek die blase op my vingerpunte voel. Maar lekker verby was dit beslis. nog ‘n fonds was die stewige sambreelbasis.

alles uit, net die hoekie mag koel bly met ‘n “dakkie” van takke. plek vir tafel en tuinstoele by die swembad. Die heining links is nou net skoongeknip.
Die metaalvoëls was’n gelukkige fonds tussen die oorgroeide struike. Hier gaan ek my vetplantjies neersit.

Gelukkig het ons ‘n tuinman wat die groot plante kan uitkap. Dis harde werk. Maar die verbetering is merkwaardig. Ek het tot afgekom op clivia’s wat tussen struike weggesteek is. Daar is ‘n koel plekkie uit die son uit vir hulle. My planne kom mooi in werking. Ek is geseënd.

Nou kan ek nie wag vir die verwers om klaar te maak nie. Meubels moet in, gordyne moet nog hang. Ek is opgewonde.

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

10 thoughts on “Ons huis: die tuin

  1. Appeltjie, jy woel! Jy gaan die uitsig so geniet. Ek is wel bekommerd oor die blasie op jou vinger. Hou dit dop, gaan dadelik dokter toe as jy sien dit mag nodig raak. Spinnekopbyte is nie ‘n grap nie. Vra vir Toortsie.

    Like

    1. Gelukkig weet ek dis van snoei. Ek het ingespring en begin wegsnoei en vorm gee aan ‘n “canopy” op 2 plekke. Heerlik en ek dra die blasie, wat toe vanoggend stukkend gaan omdat ek verder gesnoei het, met trots. Nou is daar ‘n pleister op.

      Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website with WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: