Dawie vind sy innerlike hond

Dis warm. Baie warm. Dawie moes saam met sy Mensmamma oor die straat stap na die ander blyplek. Hy wonder wat is aan die gang. Deur die dag is hulle by die huis. Saans as dit donker is, stap almal oor die straat en dan gaan slaap hulle daar. Môre-oggend moet hulle weer terug oor die straat. Dikwels word daar dan deur die loop van die dag oor die straat gestap na die ander blyplek toe. En elke keer moet daardie verduiwelse leiband aangesit word. Hulle weet mos hy hou nie daarvan nie. As hy sy voete so laat skuur of net gaan lê moet hulle moes besef hy wil nie saamgaan nie!

Maar hier is hy en Mensmamma nou in die ander huis. Mensmamma is buite besig. Sy noem dit die tuin. Sy knip en vee en drink baie water. Hy kry ook water in die holte van haar hand. Dis lekker. Maar Dawie wil nie buite wees nie. Dis warm en hy is lus vir slaap. Mens slaap mos in die huis op die vloer. Dus wag hy net tot Mensmamma haar rug draai. Dan glip in hy in huis toe. Dis heerlik koel en hy kan bietjie rus. Buitendien is Verwer daar. Verwer gee ook lekker drukkies en gee nie om as hy oor sy bene hardloop nie.

Maar kyk nou hoe raas Mensmamma. “Dawie, jy is ‘n hondjie (WAAAATTT????) en hondjies kan buite rondhardloop. Kyk, hier is ‘n lekker koelteplek onder die boom. Sit of lê hier waar Mamma jou kan sien.” Tot sy grootste ontsteltenis maak sy die skuifdeur toe. Nou het hy nie keuse nie. Buite moet hy nou buite bly. Hoe moet hy nou ook sy mooi uitgekamde hare netjies hou?

Dawie bekyk die omgewing terwyl die sonbesies sing. En dan skiet ‘n oerinstink wakker. GRAWE ‘N GAT. SO LANK SOOS JOU LYF. NET DIEP GENOEG DAT DIT ‘N EFFENSE HOLTE VORM. GAAN Lê DAARIN EN SLAAP. DIS LEKKER KOEL. Dawie luister na die innerlike stem. Hy trek weg en grawe dat die grond spat. Uitgekamde hare ofte nie. Mensmamma sal maar vanaand twee keer moet borsel. Of bad! Yess! Eers grawe hy hierdie kant toe, dan daardie kant toe, dan bietjie skuins ook. “Kyk Lief, Dawie grawe ‘n gat. Waar het hy dit geleer?” hoor hy Mensmamma praat met Menspappa. Onverpoos hou hy aan grou. So tussendeur gaan lê hy om die gevoel te kry. Nog ‘n bietjie hier, nog ‘n bietjie daar en siedaar!!! ‘n Gatbed! Net reg vir 1 klein Yorkie om in te slaap tot die hitte verby is.

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

14 thoughts on “Dawie vind sy innerlike hond

  1. Daai lyk soos ‘n Yorkie? By die V&A Waterfrond word hulle pienk handsakkies met baard en tanne wat knor. Hehehehe. Dis nou wat ek noem ‘n houlike hond.

    Like

    1. Dawie is ‘n medium yorkie. En hy kry die piep as ons hom so sal opmaak. Hulle is vreeslik oulik. nie aggressief nie. goed met kinders. al is hy net 5 maande oud, weet hy om nie my kleinkindbabatjie te byt nie. hy rittereer.

      Liked by 1 person

      1. persoonlik dink ek hulle is van die oulikste klein hondjies; en my neef is stigter van die Boerboeltelersvereniging; ons hou normaalweg van fris honde maar Yorkies altyd welkom.

        Liked by 1 person

  2. Dawie sal beslis vir Trompie n paar lesse kan gee in buite grawe vir koelte. Trompie sal nie eers buite op die dek gaan le as ek nie daar sit nie. Mollie Trompie se yorky familie sal ook heerlik saam met dawie grawe.

    Like

      1. Sal beslis n plan moet maak. Ek moet net alweer Trompie dr toe vat want hy pieps nou weer erg bloed. Seker maar weern blaassteen wat hom so verrinneweer. Hul kan egter nog steeds nie uitmaak wat die bloed in sy urine veroorsaak nie.

        Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website with WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: