Die tyd vlieg verby. Scrapy se Tweede Maandag=Wasdag en ek het beslis iets nuuts. My Huis!!!!! My absoluut eerste keer dat ek my eie huis het. Ek is hiper opgewonde. Ek blog nou die proses want dis so opwindend. Vandag moes ons verf kies. Dit was traumaties, maar uiteindelik is die verf op die muur en ek en My Geliefde is in ooreenstemming. Nou kan ek aandag gee aan my plantjies.

My tweede nuwe iets is ons hondjie Dawie. Uiteindelik kan ek al die goeie dinge wat ek destyds op “The dog whisperer” gekyk het, toepas. Dawie stap langs my aan sy leiband. Hy sit mooi voor hy sy kos begin eet. Gister het hy vir die eerste keer gesit en gebly terwyl ek gesels met ander persone. Sy Menspappa het hom later daar gaan haal en met hom gestap. Al wat ek nog nie kan regkry nie, is sy toiletmaniere. Dit gaan ‘n hele proses wees om hom te leer hy kan in ‘n tuin sy dinge doen.

Tot volgende keer Scrapy!
Jy mag jou nuwe eie huis en elke stap in die proses voluit geniet. Ek gun dit vir jou/julle met my hele hart. En Dawie sal sommer gou leer dat buitepiepie lekker is. Nooi hom net gereeld en sê, kom, ons gaan piepie gou en dan stap julle op die gras.
LikeLiked by 1 person
Oe, pragtig. Soos ek verstaan, sukkel mens om hulle toiletmaniere te leer. Maar mens kan. Ek het vir my Schnauzers vertel dat hulle altyd buite gaan slaap as hulle nie ophou in die huis piepie nie. Weet nie of dit gewerk het nie. Maar ek doen twee goed. Ek roep almal gelyk en vat hulle uit en sê piepie. Kom piepie nou. Mooi so, jy het gepiepie. Hulle slaap ook by my in die kamer, fat ek kan wakker word as hulle opstaan om te gaan piepie. Dan vat ek uit. Mamma BB vra gereeld, sy kon staan teen die bed en vra om uit te gaan. Dan doen hulle hulle ding. Sterkte, dit is nie lekker as woewe in die huis piepie nie.
LikeLiked by 1 person
Daarvan kan ek getuig. Ons woonstel is op die 2de vloer. Maar nou is die huis daar en ho-pe-lik is ek volgende week in my huis en kan ek hom van buite leer.
LikeLiked by 2 people
Dit sal beslis help.
LikeLike
Judge Judie het ook ‘n paar en ons bure oorkant het een; dié blaf met so ‘n vreemde nasale stem. Eintlik soek hy net geselskap.
LikeLiked by 1 person
Verf kleur kies in traumaties as mens verskillend oor goed dink. Ek en my man hou van neutraal, baie na aan wit, dus is die keuse maklik. Die kleur vir die bu’itekant van die huis wou my man sommer aan die bouer oorlaat. Ek het die saak gewen. En ons kry baie positiewe kommentaar, dus moet mens maar voet neersit en stry en toe ‘n vergelyk kom. Verf is teduur om oor te doen.
LikeLiked by 1 person
Baie beslis stem ek saam met jou. Gelukkig het ek en Geliefde nou ooreengestem oor die gangkaste. Buite sal nou maklik wees. dit moet ‘n eenheid vorm met wat binne is. bietjie donkerder op die palet sodat die mure nie gou vuil lyk nie.
LikeLiked by 1 person
Goeie idee.
LikeLike
Ek sal die hele plek buite afwerk met Revelstone as ek net ‘n halwe kans kry – ek het hierdie aversie vir ‘n verfkwas as tiener ontwikkel. Shakespeare het mos geskryf “there is nothing like a woman’s ambition.” Moes as tiener kiaat-erfstukke wit verf en as volwassene dit weer na hout laat lyk en die ‘veneer’ beskadig. Toe word ek aangepraat oor dit EK was wat dit geverf het…………verbeel jou. Ek wou liewer aandag gegee het aan Mary-Anne oorkant as om te verf.
LikeLiked by 1 person
😊 ek deel jou sentiment. om veral klassieke hout te verf gee my ‘n rooi uitslag!
LikeLiked by 1 person
Dis laster teen die natuur om dit te verf.
LikeLiked by 1 person