Emmerskoplysies 3

Liewe leser, hierdie hoofstuk vorm deel van ‘n bloguitdaging waarin die Goue Vroue van Rebusfontein uitgedaag word om ‘n vervolgverhaal te skryf waarin ons items op mekaar se emmerskoplysies uitleef. Soos gewoonlik, is een of meer van die res van ons karakters in die vervolgverhaal. Elke hoofstuk word afgesluit met ‘n emmerskoplysie en ‘n spesifieke vrou word uitgedaag om die verhaal verder te vertel …

Jy kan dus ten minste 13 hoofstukke verwag. Die res van die verhale kan hier gelees word, onthou om gereeld terug te kom om nuwes te lees. Dit is ‘n werk in wording …

https://fresh.inlinkz.com/p/901334e664234152a8107aad817a73bb.

***********************************************************************************************

By die meent op Rebusfontein kyk al die Goue Vroue met ‘n tikkie jaloesie na die wonderskone mooi grotwoning foto’s van Christa en Woordnoot. Sowat het hulle nog nooit gesien nie. Praat van back to your roots in comfort!

En dan hoor Appeltjie wat Woordnoot sê van haar wenslysie. Eilandvakansie? Mens kan dalk weer ‘n draai gaan maak op Fidji soos saam met die VVVTT. Maar daardie een is afgetik. En dan hou sy op met luister. Roei op die Oranjerivier? Dit klink na pret.

Appeltjie klim op haar foon. Skoonsus se man kom van Vioolsdrift af. Dis langs die Oranjerivier en daar is alles van alles wat jy wil doen. Nee, dis reg, laat weet Skoonsus se Man. Ons wag vir julle. Noord-Kaap styl. Glamping of normale tenting? Glamping, baie beslis. As mens dan hard moet werk om deur jou emmerskoplys te kom, kan mens dit netsowel in styl doen.

Vol van lag en gegeurde sparkling water (die gogga het veroorsaak dat geen alkoholiese drankies beskikbaar is nie), bondel die GVe in die blinksilwer wa. Wie gaan bestuur, vra Sonell. Virgo C en Toorstie wil-wil net armstamp om by die stuurpaneel uit te kom, toe Woordnoot rustig sê: rekenaar, dames, rekenaar. Ons nuwe blits word met ‘n rekenaar bestuur. Blitz? Kan dit dalk die naam wees? Die GVe sal beraadslaag, oorweeg, besluit en tot ‘n vergelyk kom. Later.

Appeltjie tik in: Oranjerivier, Vioolsdrift. Blitz( ) styg regop in die lug, skiet oor die Wes-Kaap tot aan die bopunt van die Noord-Kaap waar dit grasieus op die grasperk neerstyg. Vrolik klim almal uit, reg om die aand te geniet. Dis amper sononder en die sakkende son maak ‘n onvergeetlike prentjie. Die gemoedere sak en vrede vul almal.

OrangeRiverUpington.jpg

Vroeg die volgende oggend stap Appeltjie en Woordnoot af water toe. Die oefenboot wag. Veiligheidsbaadjie? check. Valhelm? check. Hier raak Woordnoot benoud. Valhelm? Ja, antwoord die gids rustig. Sodat jy nie jou kop kap teen ‘n rots nie. SOP. Versigtig gaan sit Woordnoot voor, Appeltjie agter haar. Die instruksies vloei. Roei so en so. Trap met jou voete so daar vas. As jy by ‘n rots kom, doen dit en dat. Draai met jou roeispaan aan daai kant as jy hierdie kant toe wil draai. Appeltjie se oë blink. Sy het al kano geroei, alles klink bekend. Woordnoot knik en trek haar lippe op ‘n amper-glimlag. Opwindend? Beslis, maar ‘n bietjie benoudheid klim tog in haar bors in. Op die kant van die rivier maak die ander vroue guitige aanmerkings en gee ongevraagde raad.

Dan is dit DIE OOMBLIK. Vir die eerste ruk gaan dit goed. Die water is heel kalm. Die water uit die Drakensberge het al meesal afgeloop en die rivier is rustig. Ritmies beweeg die spane in en uit die water. Woordnoot en Appeltjie vind hul ritme. Kry tot kans om na die rivieroewer te kyk en die voëls en diere te besigtig. Die rotsformasies te bewonder.

En dan hoor hulle die waarskuwing van die gids: Reg dames, om die volgende draai raak die water rowwer. Slegs ‘n graad 1 versnelling, maar behou julle balans en alles sal reg wees. Skaars is hy klaar gepraat of die twee vroue voel hoe die water die spane vat. Nou moet hulle krag en tegniek inspan. Jeeeeee-haaa!! gil Woordnoot. Vat hom Flaffieeeeee!!! laat Appeltjie uitbundig los.

Toe die rivier weer bedaar, voel die twee soos absolute pro’s. Dit was nie so moeilik nie. Die volgende een kan maar kom. Maar toe die tweede versnelling voor hulle verskyn, weet hulle, hier kom pêrre. Lyf links! gil die gids van agter af. Spaan teen die rots! Mik vir die middel, laat die golf julle saamneem. En dis toe die gids vir die tweede keer vinnig praat van links en regs, verloor Appeltjie haar sin vir rigting. Links! skree die gids. Links, links, links! en Appeltjie steek haar regterspaan in die water. Die boot swaai in die rondte, mis die brander en dop die boot om. Albei vrouens vlieg deur die lug en duik kop eerste die water in. Die water is oral. In hul neuse, monde en ander plekke wat hulle nog moet vind. Dan skiet die opgeblaasde reddingsbaadjie hulle weer soos kurkproppe uit die skommellende water uit. Toe sy weer asem in haar longe het, skree Appeltjie uitbundig – yooo-hooooo. Ons seil in die water af! Woordnoot probeer haar bes, swaai haar arms, kry haar balans reg en daar gaat die twee. Stroom-af, soos 2 wafferse branderryers.

A group of young people are rafting in a river. close-up

Toe die water weer rustig raak, wil hulle net ontspan, toe gil die gids: koes!!! Net betyds gee hulle pad, want sekondes later vlieg die onbemande boot bo-oor hulle. Spane darem nog geanker in hul vashouplekke. Die gids kry die boot in die hande, neem dit terug na die twee vroue wat vinnig inrol en weer hul plekke inneem. Gelukkig het die go-pro’s alles opgeneem en sal hulle vanaand vir die ander dit kan terugspeel.

Terug by die vuur die aand, borrel hulle twee nog van die adrenalien. Vanaand gaan hulle verseker lekker slaap. Môre-oggend wag daar ‘n wildbesigtingstoer op hulle voor hulle terugkeer huistoe.

Daardie aand sit Appeltjie op haar bed en werk aan haar emmerskoplysie.

  1. staan onder ‘n waterval
  2. koop ‘n lottokaartjie
  3. kyk na die sterre deur ‘n Groot teleskoop
  4. Ziplining toer
  5. vlieg met ‘n jetpak

Aalsie, sal jy asseblief vir my een van hierdie drome waarmaak?

Inligting gekry by: https://orangeriverrafting.com

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

15 thoughts on “Emmerskoplysies 3

  1. Appeltjie, oe! Wat ‘n wonderlike beskrywing van jou en Woordnoot se roei ervaring.Lekker.Ek het ook al die ‘Divorce Bend’ op die Breederivier oorleef!

    Like

  2. Ok…dis Blitz!! Ek dink julle stem saam! Appeltjie…jy is in die kol! Van alles op my emmerskoplysie sal ek dit die graagste doen. Veral na ek Stroomop gekyk het. Ek vrek oor die Noordkaap. En ek sal nog graag op n uitgebreide toer in daardie omgewing wil gaan. Dankie vir die adrenalien rush….

    Liked by 1 person

  3. Dit was absoluut opwindend. Julle twee het mooi kopgehou, ek dink ek sou paniekerig geword het. Pragtig vertel, ek het ingeleef hoor! Ek het al ‘n paar van jou goedjies gedoen, baie nuuskierig om te lees wat Aalsie daarmee gaan doen.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website at WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: