Maandag=Wasdag 1/21 Geliefde/spesiale klere

Ek het geliefde klere gehad waaraan ‘n spesiale storie gekoppel kan word.

Jare terug het ek skool gegee in ‘n yskoue klas. Die bordkryt het my mooi baadjies pal vuil gelaat, toe koop ek vir my by Shoprite Clothing ‘n donkerblou baadjie, gemaak van ‘n sagte maar stewige “fleecy” materiaal. Dit kon maar vuil word. Nadat ek daar weg is, het die baadjie regtig oud gelyk want dis daagliks gedra. Dit het my huisdrabaadjie geword in die nat Kaapse Koue. En toe eendag, in moedeloosheid omdat my siek klein dogtertjie nie wil slaap nie, gee ek haar die warm-aan-my-lyf baadjie om vas te hou. Asof sy ‘n skakelaar aangeskakel het, het sy onmiddellik aan die slaap geraak. Die baadjie is mettertyd Die Snoesige Baadjie gedoop. 25 jaar later, toe ek kas skoonmaak, sien ek weer die naat wat lostorring raak. En besluit, aangesien my dogter nou al groot en getroud is, en ek wel ‘n ander warm snoesige baadjie het, dit nou die tyd is om die baadjie weg te gee. Ek maak sommer ‘n swart sak vol met klere wat te klein of vaal of sommer net nie meer gedra word nie, en sit die baadjie bo-op. Die arm vrou wat die sak kry, is baie dankbaar. En sy sal die naatjie self regmaak, sy gee nie om nie, sê sy. Daardie naweek kom my dogter vir een aand na my toe, kry koud en soek Die Snoesige Baadjie. Met groot ontsteltenis hoor sy van die baadjie wat weg is, pik ‘n traan of twee weg, waarom het mamma dit nie vir my gegee nie?

Dan het ek twee sweetpakkies gehad, ‘n pienke en ‘n groene. Lekker ingedra, pas net reg om die lyf. Toe tref covid ons. Die lockdown verbied almal om klere te koop en my kleinkindbabatjie van 2 maande kry koud. Ek weet net daar, nou knip ek my klere op om vir die baba klere te maak. Ek gebruik een van haar broekies en maak ‘n patroon. ‘n lekker los hempie word die baadjiepatroon. Een van My Geliefde se gholfhemde word die proefkonyn. Met ‘n effense verstelling hier en ‘n ekstra iets daar, kry my geliefde Kleinkindbabatjie 2 broeke en 4 baadjies. Ouma borduur blommetjies en appliek. Te fraai vir woorde. Die klere het gehou tot sy 2 maande later saam met haar mamma huis toe is. Nou is dit gebêre vir ‘n moontlik volgende keer.

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

4 thoughts on “Maandag=Wasdag 1/21 Geliefde/spesiale klere

  1. Ek het 28 jaar gelede n tweede-handse baadjie in Skotland gekoop – ons klere het net die gehelp teen die koue in die Noorde nie.
    My dogter het dit die ‘Mommy jacket” gedoop en word gedra wanneer sy hier by die huis is, as sy siek is of sommer net bietjie warmte nodig het. Dit is nou al totaal uitgerafel, geen naat is onaangeraak nie en die voering hang aan n garedraadjie. Ek dink nie dat dit weer n was siklus sal oorleef nie. Maar weggooi? Nog nie nou al nie!

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website with WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: