Vakansie Desember 2020

Ek en My Geliefde het so lekker vakansie gehou hierdie jaar. Omdat ons toer-toer deur die lieflike Oos-Kaap gery het tot in Durban. Omdat my kleinkind en haar ouers by my was. Omdat ek en my sussie en haar kinders saamgekuier het. Omdat ek my blogvriende by my gehad het – op whatsap en blog.

Kleinkindbabatjie se eerste kersfees was lieflik. Ouma het ‘n versie gelees en Sussie het ‘n gebed gedoen. Kleinkindbabatjie skeur haar presentjies oop en dadelik gaan die papier mond toe. Die mooiste ooit babakersfeesfoto’s word geneem.

Maar veral was dit lekker omdat ek die wêreld begin bekyk het deur die oog van ‘n foto. Vandat ek op die blog begin deelneem het aan foto uitdagings, het ‘n ander wêreld vir my oopgegaan. Eers was dit net eenvoudige foto’s en toe begin ek kyk na die foto’s van die ander. Tot my grootste verbasing is daar nou ongeveer 10 bloggers ekstra wat my volg. En ek vind my styl. Ek hou van die eenvoudige, die skoon lyne, die natuur, ‘n prent wat ‘n storie vertel. Ek het begin eksperimenteer met foto’s en sodoende ‘n paar lieflike onthougoed gekry.

Ek deel ‘n paar van my foto’s. Van die ander is beskikbaar in vorige blogs – travel photos 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10

cleaning my little house by the sea
a foothold on the sand. giving cover to little beach dwellers too.
and we went shopping too. catching the chandelier from underneath

Ek gaan kyk na die foto’s op die bloggers se blaaie. Sien die kunsfoto’s, die professionele afwerkings, die jarelange ervaring. En ek wonder wat sien hulle raak in myne, want die followers raak net meer. Ek gaan kyk en besluit: dis my oogpunt, dis my “catch”, dis my speel met die opsies wat my selfoon en laptop my bied wat my toelaat om ‘n foto te maak, maar bowenal dis wat ek raakgesien het. Ek sien ‘n storie, die mooi, die potensiaal in wat ek voor my is. Miskien sal ek later begin speel met die tegniese aspekte van foto neem. Tot dan is dit net lekker om te kyk na die uitdagings wat die bloggers plaas, die elemente daarvoor te soek in die wêreld rondom my en die ander se kommentaar daarop te lees. Dit het beslis my oë oopgemaak om die wêreld uit ‘n ander oogpunt waar te neem.

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

5 thoughts on “Vakansie Desember 2020

  1. Ek het dieselfde pad begin loop in 2009. Elke foto uitdaging gedoen. Toe leem ek my seun se goeie kamera en my suster betaal om twee jaar aanlyn dinge te leer. Nou gebruik ek sommer vinnig my foon se kamera. Die goeie kamera maak natuurlik ook n verskil omdat mens hom kan instel om mooier fotos te neem. Jou fotos is beslis mooi en wys jou eie aanslag.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website with WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: