Voetjies

Ek het mooi gevra en Lief Dogter het gedink en gedink en uiteindelik ingestem. Ek mag my kleinkindbabatjie se voetjies gebruik in ‘n blog.

En daar raak my woorde op. Hoe beskryf mens die liefde in die prent? Sy het klaar haar eie persoonlikheid. Sy is skaars met haar soentjies, maar oortollig met glimlaggies. Sy kan al handjies klap, speelgoed van die hoë babastoel afgooi en jou dan aankyk met ‘n wanneer-tel-jy-dit-op kyk in die oë. Sy kruip, trek haarself op teen meubels en stap dan om die hoek. Sy ondersoek die wêreld – lig goed op, proe aan alles, het ‘n ek-roep-jou geluid. Sy is gaande oor haar boekies en kan al die duimpies gebruik om dit twee-hand om te blaai. Sy oefen hard aan haar klanke en oum/pa, baba en mamamama kan al onderskei word.

Ek sien Kleinkindbabatjie se sagte babalyfie; die voetjies wat soos haar oupagrootjie, hierdie ouma en haar mamma s’n gekruis is sonder dat iemand dit vir haar geleer het. Die toontjies wat lyk soos haar mamma s’n. Ek ervaar die gemak, onskuld en absolute vertroue in haar ouma wat haar onbeskryflik lief het.

Daardie voetjies – waarheen gaan dit haar in die lewe lei?

Ek bid: Vader God, plaas asb U engele om my liefie Kleinkindbaba sodat sy nie haar toon teen ‘n klip sal stamp nie. Ek plaas haar in U hande. Amen.

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

5 thoughts on “Voetjies

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website with WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: