Die laaste sien van die blikkantien.

Arme Josias. Sy Maria is binne sy bereik. Na jare sal hy sy vir ewige jeugliefde weer sien. Die Goue Vroue weet net wat om te doen. Seegogga kry die opdrag: teken vinnig drie Maria’s van die foto af. Identies. Faye word nader geroep. Het sy nog kontakte in die feetjiewêreld? Sal sy genoeg fairy dust kan bymekaarmaak? Dit moet net so ‘n halfuur hou voor dit verslaan. Die koppie knik. Sedert Francis hom tuisgemaak het in Rebusfontein, het die twee van hulle bietjie uitgevind waar daar nog feetjiedorpe bestaan. Hulle het kontak gemaak en ten spyte van gulhartige uitnodigings om haar by die ander feetjies aan te sluit, het Faye besluit om op Rebusfontein te bly. Ewenwel, haar kontak het laat weet daar is genoeg fairy dust, die Goue Vroue kan maar kom haal. Francis word die opdrag gegee om te sorg dat Kerfie se slee reg staan, die bokke moet ingespan en gevoer wees, die presente moet gelaai en vasgemaak wees. Hulle is nou-nou terug.

Net gou het Seegogga 3 Maria’s geteken. Die Goue Vroue roep die VVVTT nader. Dié skud die stof van sy tentvlappe af. Die Goue Vroue prop vir Kerfie in, spring self in, gaan laai die fairy dust op en vlieg weg, reguit Sasolburg toe. Die VVVTT se radar sprei uit, soek, soek en soek . Dit vind die lieflike Maria op die balkon van die luukse hotel waar sy gevange gehou word. Die 3 wagte wat haar oppas, is rondom die hotel versprei. Seegogga laat fladder ‘n prent van Maria na elke wag en Appeltjie strooi die fairydust oor elkeen. Die wagte dink elkeen dat hulle die regte Maria beet het, en dat hulle haar moet vergesel op ‘n inkopietog. Intussen stop die VVVTT bokant die balkon. Kerfie hang uit, steek sy hand uit na die nog beeldskoon, blonde Maria. Sy wil-wil nog verstom staan om weer haar jeugliefde te sien, maar die Goue Vroue por haar aan. Tyd vir gesels kan later wees, nou moet hulle eers net weg.

Terug op Rebusfontein bondel die Goue Vroue vir Kerfie en Maria in die slee. Die lugruim is oop vir 24 uur. Kerfie het net genoeg tyd om Maria terug te neem Noordpool toe, haar in sy huis veilig te maak en dan teen ‘n spoed te ry om die presente af te lewer. Die herontmoeting wat so teer begin het in die VVVTT, sal later voortgesit word, al die waarom’s en hoekom’s uitgeklaar word.

Die Goue Vroue sug tevrede. Nog ‘n keer het ware liefde geseëvier.

Dan spring almal verwoed aan die werk. Môre is Kersfees en Die Ete lê voor.

Hierdie hoofstuk vorm deel van die Towerinne/Goue Vroue se avonture. Ons is die hoofkarakters in ons eie vervolgverhale (natuurlik) en ons fantasie stories is vir ander ondenkbaar, ondoenbaar en  onverklaarbaar. As jy die verhaal wil volg, moet jy op die onderstaande skakel kliek om die hoofstukke te lees. Na myne sal daar gereeld nuwe hoofstukke bygevoeg word. Totdat ‘n ander fantasie ons aandag vereis. Dan begin ‘n nuwe vervolgverhaal, ek bedoel avontuur.Lees die ander bloggers se bydraes by ons InLinkz-skakel https://fresh.inlinkz.com/party/1109950914194acc97921a784266b3ec

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

9 thoughts on “Die laaste sien van die blikkantien.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website with WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: