Ons toer Durban toe

Dis skoolvakansie en ek en My Geliefde gaan kuier by Sussie in Durban. Ons kies die pad weg van die N1/N2 af. Dus, deur die Oos-Kaap. Ons weet ons gaan ‘n geveg optel met die taxi’s, maar gelukkig is Geliefde ‘n vaardige bestuurder. Om al die klein oomblikke te onthou, neem ek tot stemnotas op die selfoon.

Ons besluit om aand een in Cradock oor te slaap. Buite Swellendam, net na Buffeljagsrivier, draai ons binneland toe oor die Tredoux pas. So mooi. Net groen klowe, watervalletjies en diep klowe.

Die kliprand langs die pad is tydens en na die Tweede Wêreldoorlog gebou deur Italiaanse krygsgevangenis. Ek het die foto geneem so in die ry.

Ons ry verby die lieflike plekkie Suurbraak. Verderaan sien ek geskok die volgende woorde gesprei teen ‘n muur: Ronnie’s Sex Shop. Werklik? Maar blykbaar is dit ‘n plan wat die eienaar van die kroeg gemaak het om klante te trek. Binne hang daar bra’s van die dak af en word daar net drank verkoop, geen seks nie. Dit het baie goed gewerk.

Die Oos-Kaap het reën gekry en oral is dit groen. Die grasse is verskillende skakerings van groen, geel , wit. Tesame met die bruik van die rotse maak dit ‘n lieflike skildery. Geen foto kan reg doen daaraan nie. Ek is lief vir plante en ons stop ‘n paar keer sodat ek ‘n foto kan neem.

Plate van hierdie plante het langs die pad gegroei. Die meeste het oranje of pienk-rooi blomme gehad. Slegs enkele kolle het van die geel blomme gehad.

En dan is daar die spekboom. Eintlik ‘n onooglike plant sonder vorm, maar die blommetjies is sag en fyn.

Die Oos-Kaap bewoners deel die grond waar hul huise bou op in lang aangrensende reghoeke wat hulle toespan met drade. Die huise, sommige rond, sommige reghoekig, word in een hoek gebou en die res word bewerk.

Net oor Mount Fletcher verander die natuur in die golwende gladde heuwels soos in KwaZulu-Natal. Die huise word in netjiese rye gebou teen die heuwels. Dis ook interessant om nog steeds ‘n skaap- of beeswagter te sien sit tussen sy kudde. Natuurlik dink die bokke, skape en langhoringbeeste die pad is hulle persoonlike brug na die ander kant, sonder om die verkeer dop te hou.

En dan is daar die taxi-kultuur. Dis vreesaanjaend om die taxi’s gade te slaan, maar die stop en ry, verbysteek, die spoed is net verstaanbaar aan die taxi gebruikers. Die res van die padverkeer kan maar net probeer om hul harte uit hul kele te hou.

Volgende stop is Hlatini langs die Suidkus.

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

10 thoughts on “Ons toer Durban toe

    1. ek verstaan net nie hoekom ek 2 ure moes sukkel om dit te sien op die leser nie. Ek wonder of dit iets te doen het met die opmerking: you are not allowed to use those words – vakansie toer. toe verander ek dit na “reis” en nou is dit daar. Vreemd.

      Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website with WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: