Kersvader op Rebusfontein

Hierdie hoofstuk vorm deel van die Towerinne/Goue Vroue se avonture. Ons is die hoofkarakters in ons eie vervolgverhale (natuurlik) en ons fantasie stories is vir ander ondenkbaar, ondoenbaar en  onverklaarbaar. As jy die verhaal wil volg, moet jy op die onderstaande skakel kliek om die hoofstukke te lees. Na myne sal daar gereeld nuwe hoofstukke bygevoeg word. Totdat ‘n ander fantasie ons aandag vereis. Dan begin ‘n nuwe vervolgverhaal, ek bedoel avontuur.Lees die ander bloggers se bydraes by ons InLinkz-skakel https://fresh.inlinkz.com/party/1109950914194acc97921a784266b3ec

Kersvader is hoogs ontstig. Covid is die wêreld vol. Alle lughawens is gesluit, dus kan hy nie sy slee in die slipstroom van ‘n vliegtuig instoot en saamvlieg nie. Dis nogal moeilik en uitputtend om so gelyktydig oral oor die wêreld te wees. Gelukkig begin Kersfees eers naby die Cook eilande, in die omgewing van Nieu Zeeland en Australië. Plan B moet in werking gestel word sodat die aardbewoners betyds hul presente kan kry.

Plan B is dus die windstrome van die atmosfeer rondom die aarde. Hy moet ook haastig maak, want soos die lande hul grense en lugruime toemaak, sal hy sy vlieg moet ken. Hy hits sy bokke aan, styg op en soos die arend, sirkel hy op en op en opper totdat die jet-stroom hom vang. Dis bitter koud. Hy was gewoond aan die ysige koue van die Noordpool, maar hierdie koue is onbeskryflik. Hy hoop nie die presente vries nie.

Hy moes nie die woord “vries” in sy gedagte gekry het nie, want net toe begin sy leier-bok steier van kant tot kant. Voor hy kan keer, trek die bokke die slee met hom en die presente na onder. Vinniger en vinniger trek hulle tot hulle later net deur die atmosfeer tuimel na onder. Met ‘n harde geknal, vlamme wat skiet en presente wat soos confetti rondfladder, val Kersvader met bokke en al op ‘n groen grasperk waar ‘n klompie vro1″ue vrolik saamkuier.

Hy hoor net honde wat blaf en Sonell se kinders wat skree: “Kersvader!”

Hy staan op, skud sy kop en vra: “Waar is ek?”

Soos Sonell geskryf het: Wie gaan Kersvader se storie verder vat?

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

4 thoughts on “Kersvader op Rebusfontein

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website with WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: