Vakansie sonder Dawie.

Dis die begin van ons vakansie en ons moes ons hondjie na sy vakansiemoeder toe neem. My hart is seer, want na slegs 3 maande het Dawie so diep in ons harte gekruip. Hy slaap by ons op die bed. Ek weet wanneer hy wil gaan stap of nie. Hy kom na my toe met ‘n speelding (nie na sy menspappa nie) wanneer hy wil speel. Hy luister na my stem as ek praat. Sit, wag as hy moet eet, praat as hy aandag wil hê.

Maar hy is nie ‘n goeie reisiger nie en die vakansieplek is2 dae se ry ver, is nie troeteldiervriendelik nie. Ook nie die oornagplek nie.

Dus is hy, met sy gunsteling speelding, sy bakkie en kos, die vleissous en ‘n slaapkussing na die vakansiemoeder toe. Ons hoop hy gebruik die slaapkussing, want sy slaapplek is by ons op die bed. Sal hy tjank slaaptyd?

Met trane in my oë gee ek hom in Johanna se liefdevolle hande. Sy vryf en troetel en koer. Stel hom voor aan sy familielik AJ. Hy is ooglopend skugter. Weet nie wat nou aan die gang is nie. Dan stap Felix uit, ‘n lieflike wit Siamees-agtige kat. Statig. Hulle bekyk mekaar, vryf neusies en maak vriende. My hart begin weer klop.

Alles sal reg wees. Ek moet nou net omdraai, in die kar klim en ry.

Vanaand gaan die bed stil wees.

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

8 thoughts on “Vakansie sonder Dawie.

    1. Liewe dierbare Johanba het die trane in my oë gesien. Gisteraand 23:00 boodskap gestuur om te sê Dawie slaap. Vanoggend n foto gestuur waar hy op hulle bed slaap. Ek het die lyfie gemis, maar weet nou hy is okay

      Like

  1. Dit is maar n heel hartseer afskeid as mens hul moet laat oppas. Soms moet dit tog maar gedoen word. Ek is op hierdie stadium so verknog aan Trompie dat ek nie sonder hom erens wil heengaan nie. My honde het nooit regtig by my geslaap nie maar Trompie is n uitsondering. Hy slaap al vir tien jaar op my bed. Lê uitgestrek met sy rug teen my been af. Hy kry gou warm dus is hy nie mal oor die verhitting van my kant af nie. Jy moet jou vakansie geniet. Hoe lank gaan jul weg wees en waarheen gaan julle as ek so nuuskierig mag wees?

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website with WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: