Vergifnis en versoening op Rebusfontein

Faye, Dawie, Seppie, Lemmie en al die ander diere op Rebusfontein, sit in die grot langs die waterval op die berg. Faye het sopas vir almal vertel wat destyds gebeur het, toe haar hele dorpie uitgewis is deur Bromvoël Francis. Danie het haar net die vorige dag eenkant toe geroep, het sy vertel. Sy kon haar ore nie glo toe hy haar vertel wat Francis alles kwytgeraak het oor daardie dag se gebeure nie. Veral nie toe sy hoor hoe sy pa hom afgedreig het om die daad te pleeg nie. Eintlik kry sy Francis nou baie jammer. Sal sy dit egter regkry om hom weer in die oë te kyk? Hom ‘n tweede kans te gee? Sy weet wat dit is om te swerf, om nooit iewers tuis te hoort nie. Rebusfontein het immers vir haar hierdie tweede kans gegee.

Almal kyk woordeloos na die feestlike liggies wat onder langs die meent en op die stoepe flikker. Die sterre aan die hemelruim flikker vrolik saam.

Die volgende oomblik hoor hulle ‘n gerammel, die lug raak donker en toe ontplof iets met ‘n slag. Die groepie hardloop en vlieg en swaai deur die takke af na onder om te gaan kyk.

Groot is hul verbasing toe hulle kersvader se slee daar sien lê. Die wêreld is besaai met presente. Bokke lê oral rond, oor mekaar en selfs in die meent se dammetjie. Arme Danie is vaal geskrik, want een van die bokke lê halfpad oor hom. Al die vroue raas en praat en beduie en sommige staan verstom.

Faye hoor ‘n donker stem bevele gee: “Blommetjie, stoot daardie bok net eenkant toe. Santie, gryp daardie punt van die slee en trek. Al julle katte en voëls, gryp elkeen ‘n present en neem dit stoep toe. Toe, toe, toe mense, roer julle. Hier is werk wat gedoen moet word.”

Faye stop mid-vlug. Francis! Dis Francis wat so beheer neem. Op daardie oomblik kyk Francis op, sien haar raak en sy woorde raak op. Sy groot oë knip-knip en hy vou sy vlerke anders oor mekaar. In die besige oomblikke gaan staan die tyd stil.

Moet ek? dink Faye.

Sal sy? dink Francis.

En dan kom die mooiste woorde wat Francis nog ooit gehoor het. “Wat kan ek doen?” vra Faye. Hy hoor die onuitgesproke vraag, die onderliggende bedoeling. Sy hart word lig, die donker in sy kop wyk.

Maar voor hy kan antwoord, skree Seppie: “Pas op, die vlamme!” Hy storm vir Francis soos ‘n wafferse rugbyspeler onderstebo. Dié val vir arme kersvader wat net orent gekom het, weer katswink. Uit soos ‘n kers. Gelukkig kry die Goue Vroue nou hul gedagtes in orde. Vlamme word geblus met tuinslange, almal wat beseer is, word gehelp. Bokke word in ‘n kraal bymekaar gejaag. (‘n Kraal op Rebusfontein? Hoekom nie, dis mos ‘n magiese dorpie wat sorg dat sy mense alles het wat hulle nodig het.)

En weer klink kersvader se stem deurmekaar: “Waar is ek?”

Hierdie hoofstuk vorm deel van die Towerinne/Goue Vroue se avonture. Ons is die hoofkarakters in ons eie vervolgverhale (natuurlik) en ons fantasie stories is vir ander ondenkbaar, ondoenbaar en  onverklaarbaar. As jy die verhaal wil volg, moet jy op die onderstaande skakel kliek om die hoofstukke te lees. Na myne sal daar gereeld nuwe hoofstukke bygevoeg word. Totdat ‘n ander fantasie ons aandag vereis. Dan begin ‘n nuwe vervolgverhaal, ek bedoel avontuur.Lees die ander bloggers se bydraes by ons InLinkz-skakel https://fresh.inlinkz.com/party/1109950914194acc97921a784266b3ec

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

10 thoughts on “Vergifnis en versoening op Rebusfontein

  1. Vergifnis is uitgedeel, Danie het onder ń bok beland, èn daar was ń vuur wat vinnig geblus is! Die geskenke is darem gered, dankie tog! Die bokke is bymekaar en ek neem aan kersvader word deur die Goue Vroue gelawe?

    Like

      1. Hoekom skryf jy nie ń kort blog nie, dan vertel jy kersvader se storie. Ek of een van die ander sal dan daarna aangaan.

        Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website with WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: