Maandag=Wasdag: teen my yskas

Scrapy het die uitdaging geplaas nadat ons gepraat het oor ‘n onderwerp.

My yskas is my onthouplek, my liefdeplek, my menseplek. Toe my dogtertjie klein was, het haar kunswerke weekliks daar plek gevind.

Nou is my yskas die plek waar ek wel my inkopielys hou. Maar daar is ook die “love you” van my broer se dogter toe sy 5 jaar gelede vir 4 maande by my gebly het. Ek dink aan my vriendinne wat die hartjies en yskasmagnete saambring of gee as dankie-sê. Ek sien my boeties en sussie en my dogter op haar troudag. Ek dink wel dat daardie photo booth foto’s my erg irriteer. Dit pas nie my persoonlikheid nie.

My sussie is altyd ‘n inspirasie vir my. Toe sy in Durban aangeland het baie jare gelede, het sy aktief gesoek na geleenthede om haar besig te hou en ‘n geldjie te maak. Vandaar die lieflik versierde uiltjie langs die appeltjie (😊)

Maar die grootste lekker is al die grappies. Groeipyne en Groterige Vyf het my al vir ure se vermaak gesorg. En Kaaskrul was hoog in die mode ‘n paar jaar gelede.

Heel bo regs is egter my liefde: 2 hartjies wat ek op ‘n magneetstrokie vasgeplak het. Ek en My Geliefde.

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

2 thoughts on “Maandag=Wasdag: teen my yskas

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website with WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: