Dawie ontmoet Rebusfontein

Dawie!!

Dawie draai sy koppie effens skeef. Waarom word hy geroep? Hy is seker hy het nie die afgelope paar minute die toiletpapier afgerol of iewers verkeerd gepiepie nie. Die roepstem klink ook nie te onvriendelik nie, dus draf hy versigtig nader.

Dawie-hond, Mamma is so opgewonde. Ek en jy gaan Rebusfontein toe vir die vakansie. Dis Kersfees en ons Goue Vroue gaan daar bymekaarkom. Jy moet net weet van al die maatjies wat daar vir jou gaan wees. Faye en Lemmie en Danie-hond en ‘n klomp katte, ‘n koei en ‘n donkie.

Dawie staan stil. Sy stertjie roer want Mamma praat met hom maar hy is nie seker waarvan sy praat nie. Rebusfontein, waar is dit? Kersfees? Koei? Donkie? Wat se goed is dit? Kan ‘n mens dit eet? Sal dit in die woonstel pas?

Dawie, waar is jou balletjie? Kry asb al jou speelgoed bymekaar. Nee!! Jy kan nie Pappa se skoen ook vat nie, dit gaan saam met hom op die fietstoer.

Dawie se oop bekkie stop kort voor Pappa se skoen. Hy wil-wil ‘n happie daaraan gee, want dis eintlik sy gunsteling speelding, maar as Mamma daardie klank in haar stem kry, moet hy eerder maar los. Pappa is nie so streng nie, hy gee ‘n klein hondjies darem eers ‘n paar kanse. Hy kyk na sy leiband. Waar kan hy dit wegsteek? Pappa en Mamma gaan stap graag met hom en hulle reken hy moet ook daarvan hou. Maar regtig? Om soos ‘n skouhond so net langs sy mamma se enkel te stap? Wat is nou lekker daaraan? En na die tyd moet al die duwweltjies uit sy hare getrek word. Elke Keer. Niks lekker nie. Hopelik is daar nie duwweltjies op daai vreemde plek nie.

Liefie-hond, Dawie, kom gou hier na Mamma toe?

ô ô, daai stem is ook te vriendelik om waar te wees. Wat gaan sy ……

Dawie, staan stil!. Ek moet kyk of die strikkie om jou nek pas. Jy moet ook mooi lyk vir Kersfees en hierdie groen en rooi strikkie sal net die ding doen. Awwwwww, lyk jy nie te oulik vir woorde nie. Almal gaan jou opvreet.

Rebusfontein, hier kom ons!

Dawie met sy kersfees dassie.
dawie se tas met speelgoed.

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

14 thoughts on “Dawie ontmoet Rebusfontein

  1. Aaaaaaauuuwww Dawie! Ek is so opgewonde om jou weer te sien! Jy gaan mal wees oor Rebusfontein, want daar loop honde nie met leibande rond nie. 😁👏🏻👏🏻

    Like

  2. Dawie en daar is ook Karolus wat mal is oor ander diertjies, hy sal jou leer om van katte en al dia ander diere te hou. Hy is met almal vriende. Julle kan heerlik rond hardloop en speel.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website with WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: