Kersfees

Kersfees is beslis die een vakansie wat ek assossieer met familie, die see, kersboom en versierings. Op Waenhuiskrans was daar ‘n hele klompie tradisies. Op Oukersaand het ons op die strand gaan stap na aandete tot dit donker genoeg was om Kersvader ‘n incognito binnekoms te waarborg. Pappa het bybel gelees en ‘n boodskap gebring. Ons het kersliedjies gesing. Toe die kleinkinders vaardig genoeg was, het hulle met blokfluite die sang begelei (of nie). Daarna het Pappa gebid en dan is die presentjies uitgedeel. Die kleinkinders het hierdie taak met geesdrif uitgevoer. Nadat ons dan almal se presentjies bewonder het, het Mamma gewoonlik gaan tee maak en is almal getrakteer op kerskoekies en die lekkertjies wat present gegee is. Dan het die dames van die kerkkoor op Kassiesbaai (die woonbuurt langs die strandoord self) rondgestap en gesing. Later jare het die koperblaasorkeste van dorpe in die omgewing en sover as Genadendal ook vroegaand rondgestap en lieflike kersmusiek gemaak. Dit was my hoogtepunt.

So ‘n jaar of 3 voor ons strandhuis verkoop is, het ek en my sussie besluit om die uitheemse kersboom met balletjies, wattesneeu en tinsel te vervang met elemente wat ons by ons vakansieplek optel. Toe was dit nog by die see. Ons het skulpe, sand en takkies bymekaargemaak en ‘n lieflike toneel gebou op die skinkbord. Ook die tafel is versier met seeklippies. Onmiddellik het ons so ons eie tradisie begin. Ons doen dit nou nog, daar waar ons ons op Kersdag bevind.

Nou is die kleinkinders daar. My dogter het baie beslis haar voet neergesit. Ek en haar geliefde tannie kan tonele skep met wat ons wil, waar ons wil, maar haar babadogtertjie sal ‘n kersboom met al die versierings sien. Wat ook spesiaal gaan wees, is die miniboompie wat haar oupa-grootjie uit hout gesaag het. Dis klein genoeg om ingepak te word, net 8 cm hoog.

die oud en die nuwe saam

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

5 thoughts on “Kersfees

  1. Ons het al soveel jare nooit meer Kersfees nie en dis altyd net ek en sy alleen, ons moet werk om te kan oorleef en daar is net geen genade nie. Ons sendinglewe maak ons dood. Mense dink dis romanties om in die geloof te lewe. Dink weer. Laas jaar het ek Kersdag ‘n perske neergesit, ons nagereg vir die dag. Dit was onkoopbaar duur. R8. Dis die ‘ontspan’ nadat jy 37 siele in Amerika na die Here gelei het terwyl almal hier slaap.

    Liked by 1 person

  2. Ons ‘inheemse kersborde’ is elke jaar n ondervinding. Ons moet iets kry wat elke deel van die kersverhaal uitbeeld. Die rondsoek vir skulpe, seegras, takkies, en wat nog en die wonder wat dit op die bord sal voorstel, is net te wonderlik en n hele ondervinding op sigself. Sien al klaar uit na die skatte wat ons mag optel by nuwe vakansieplek.

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website with WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: