Dawie

Binnekort sal ek kan begin met ‘n blog: Dawie hoofstuk XXX. In hierdie geval is die foto vanselfsprekend. Kyk hoe lekker slaap hierdie hondjie op sy ruggie, rustig, ontspanne, geliefd.

Ek het hierdie kort video al gedeel met my vriende. Dawie is nou net soos ‘n klein kindjie wat sy omgewing ontdek en wil speel. Hy het sy skoenboks met speelgoed, maar hierdie toiletrolletjie wat so lekker draai is darem net te groot van ‘n versoeking. 2 keer moes ek al die toiletpapier versamel uit die sitkamer. Hierdie speelding wat nie terugbaklei nie, is darem net ‘n te groot versoeking. Daarom los ek nou vir eers die leë rolletjie vir hom in die houer en dit wat ons gebruik staan op die toiletbak. https://youtu.e/20wHRg-LSrs

Dawie het sy eerste stap gehad aan die leiband. Al die lesse wat ek geleer het op die “Dog Whisperer” op tv kom nou handig te pas. Die leiband is effens styf tussen Dawie en myself en hy draf net so neffens my enkels. Te oulik. Natuurlik trek die skatlike gesiggie almal se aandag. Maar foei tog, toe laat skrik die honde in die erf ‘n blok weg hom so, dat hy op my spring. Ek moet hier byvoeg dat Dawie wakker is tussen kwart voor 6 en 7:00 saans. Dan wil hy stap en speel. Probeer dit om 5:00 en hy weier om saam te werk.

En toe ontdek hy sy blaf. Kort, harde ek-praat-met-jou blaffies. As hy wil opgetel wees, as hy wil aandag hê, as hy my aanmoedig om vinniger te werk met sy kos. Eers, as hy op die bed wil klim, kom daar net so ‘n moemf uit, dan ‘n bietjie harder en die derde keer laat hy ‘n geluid kom wat die bure sal wakker maak. En waar is sy geliefde sitplek? In mensmamma se nek, bekkie in haar hare of nek.

Te dierbaar.

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

4 thoughts on “Dawie

  1. Hy is n mannetjie met persoonlikheid! Daardie video wil nie hier speel nie, want hy is gemerk: private. Maak maar hom oop vir almal om te sien. Dis vrek oulik.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website with WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: