Dawie: na ‘n week

In ‘n vorige blog het ek oor Dawie geskryf – oor hoe ons hondjie tuis gekom het.

Hy het nou al so diep in ons harte gekruip, dat ek soos ‘n nuwe mamma net foto’s van sy oulikhede wil neem.  Om my aan sy babahondjie dae te herinner.  En dalk om dit met ander te deel.

Wil ek die stryd om op koerantpapier sy toiletsake te doen belig?  Nee, asseblief nie.  Ek het mismoedig my vriendin gekontak en haar antwoord was, sommige klein soort hondjies is berug daarvoor dat hulle nie ‘n toiletroetine kan aanleer nie, veral nie as daar nie ander hondjies by is om hulle te wys nie.  Beloning met hondjielekkers en liefde werk ook nie. Ons het nou tot al die koerantpapier geskuif na daar waar hy piepie, maar net die volgende keer skuif hy sy plek. So asof hy wil sê, waarom maak julle my toilet toe?

Maar daar is soveel wat oulik is.  Hy weet al van “sit” meeste van die tyd; hy hardloop en gaan haal sy poppie en bring dit vir mamma as ek dit vir hom gooi.  Moet bysê, hy reken die laaste sit neer beteken hy kan op mamma se hand spring en dit knibbel.  En hy knibbel met gevoel!  Daardie babatandjies kan hard byt.  Net soos met ‘n menskind, hoor hy ‘n ferm NEE by mamma met ‘n opsie van ‘n alternatiewe speelding wannee hy aan skoene of hande knibbel. Dit het hy gou geleer. En tog ook die sagte u u van menspappa. Hy los dadelik.

Dawie het ‘n skoendoos waarin sy speelgoed is.  ‘n 5cm lange poppie, ‘n klein sagte teddiebeertjie, ‘n ou pantoffel, ‘n leë toiletrol en ‘n ou lang serp van my.  Die takkie waaraan hy knibbel is al stukkend.  Wat oulik is, is dat hy een-vir-een ‘n speelding gaan uithaal.  Die nuutste is egter dat hy pens en pootjies binne-in klim.  En aan die slaap raak.  Ek het my bes probeer om die ou handdoek ‘n slaapding te maak, maar toe kies hy die beknoptheid van die skoondoos. 

Slaaptyd is ook ‘n ander saak.  Die Geliefde het reg aan die begin mos duidelik gestel dat klein cutiepie nie op die bed gaan slaap nie.  Daardie uitspraak het nie eens nag 1 oorleef nie.  Kleinding slaap saam met ons.  Word selfs geroep om te kom slaap.  En hy het verskeie maniere van slaap. Met sy kop op of in mens-pappa se skoen.  Die een waar hy agter ons op die rusbank se leuning slaap, maak nie ‘n mooi foto nie, maar kyk net na die ander.  Agter mens-pappa se rug op die bed, langs mens-pappa onder die laken in die bed,  op die kussing van die rusbank.

waar is my koppie?
slaap my kindjie, slaap sag

Dat so ‘n klein diertjie mens nou so kan bekoor.

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

7 thoughts on “Dawie: na ‘n week

  1. Ag hy is te oulik. My seun hulle het twee Yorkies. Hul is al bejaard nou maar steeds te dierbaar. Jy moet maar elke keer as hy wakker word hom buite op grassies sit om te pieps. As hy dit doen prys hom daarvoor. Op einde sal hy beslis buite toe gaan as hy weet jy gee hom n beloninkie ook. Geniet jou klein Dawie gate uit.

    Like

      1. Mens kry n nagemaakte grasmat spesiaal vir honde. Jy moet maar hom dan altyd sodra hy wakker word op die koerant sit. Hul hou later van die geluid van die papier onder hul voetjies en dit stimuleer die wiepsie ook. Sterkte met die baby sitting, dis die moeite werd.

        Liked by 1 person

  2. Ons het ‘n volbloed vreklelike poedel gehad wat deur ‘n hondehanteerder geleer is en ‘n ander vriend was hondehanteerder in die Lugmag. Tussen hulle twee kon hulle nie die brakkie so ver kry om uit te gaan nie; sy sou liewer van buite af inkom om binne te piepie. Hulle merk tog hulle gebied af en dis instink. Ons ander honde het gou geleer. Gelukkig ook; ek het altyd gesê enigiets onder twee voet hoog is ‘n kat. Tot ons wel klien hondjies gehad het, ook ‘n miniatuur Foksie

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website with WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: