Maandag=Wasdag:33 Ryding

Hier is my bedrae tot die uitdaging tot Scrapydo se Maandag=Wasdag uitdaging.

Hier is ek en my boeties en sussie toe ons onderskeidelik vlnr 3, 6, 7, 5 jaar oud was. Die rokkies het mamma gemaak. Maar die kar in die agtergrond is die storie. Die gedeelte van die nommerplaat wat uitsteek is deel van CS 963. My oupa het die eerste kar gekoop en toe nommerplate inkom, was sy nommer CS 963. My pa het daarna net mercedes karre gekoop en dit was elke keer genommer met CS 963. My broer het met die gewoonte voortgegaan en kon selfs later die nommer CS 964 per geluk in die hande kry.

Hierdie voertuig is ‘n waterboor. Dis heel dikwels ‘n lewensreddende voertuig. Op ons plaas het dit ‘n sterk stroom water raakgeboor.

HIer is my ouboet se platsnyer. Die graan moet eers bietjie droër word voor dit opgetel en dan uit die kaf gestroop kan word. Oestyd is ‘n groot, intense, senutergende tyd op die plaas. Ek onthou hoe ons jare terug kos uitgery het land toe. My pa het self een van die stropers gery. Dit was groot pret om ‘n rondte saam met hom te ry. Vandag is die masjiene massief groot en kan dit platsny en stroop op een slag.

Die donkiekarre van die Noord-Kaap is terselfdertyd uniek en tog ook hartseer. Dis die middel wat mense se hoofvervoermiddel is, maar tog ook hulle woonplek. ‘n Unieke manier van leef en selfs ‘n kultuurgroep.

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

6 thoughts on “Maandag=Wasdag:33 Ryding

  1. Ons het net so ‘n blou Mercedes gehad wat op meer as 350,000 MYL verkoop is en 22 jaar later op Ariamsvlei gesien is, nog aan die ry. Ekself het al vyf besit.

    Like

  2. Dis n paar mooi ry-dinge. Boormasjien en oes masjiene is vandag heeltemaal anders as toentertyd. Karretjie-mense het n boek gelees n paar jaar terug. Baie dankie dat jy die kykie in jou lewe gedeel het baie interessant.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website with WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: